As Jy Weet Hoe

Posted by

Jan, Piet, Koos en Gert speel elke Saterdag golf.

So besluit die manne dat hulle op Kersdag ook wil speel. Maar hulle weet dit gaan moeilik by die vrouens verby kom.

Kersdag kom en almal daag op.

Jan: “Jissie manne, weet julle hoe duur het dit my gekos om hier te wees? Ek moes vir my vrou n diamantring koop!”.

“Wat?” Sê Piet. “Jy dink jy het duur betaal?! Ek moes vir my vrou ‘n vakansie oorsee koop!!”

“Dis niks!” sê Koos. “Ek is die ergste af, ek moes vir my vrou ‘n splinternuwe BMW koop!!”.

“Nee manne!” sê Gert. “Dit het my nie ‘n sent gekos nie. Vanoggend toe ek wakker word, toe klap ek vroulief so op die boud en sê; Golf-course or intercourse? Toe sê sy: Onthou om jou hoed op te sit!”

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.