20 Jaar Voorentoe

Posted by

Hoodstuk 1

Riegelboom Brug

20 Jaar Voorentoe

Die son het nog nie eers sy eerste strale op die aarde gegooi, en dit is nog net besig om deur die blou lig hier bo my deur te breek of ek is in my Toyota motortjie op pad Rigelboombrug toe.
Die strate is nog still, en ‘n dorpie is besig om te ontwaak en reg te maak vir nog ‘n dag wat deur God gemaak is, en so nou en dan is daar ‘n huislig wat aangaan vir die wat nog nie die eerste oggend breek deur hulle ruite kon sien nie.
Net hier en daar, is daar ‘n wolkie in die lug. Dit is winter, en ‘n koue briesie waai deur die mistigheid in die veld, en ek is seker enige iemand sonder ‘n warm baadjie en lekker dik kouse gaan vanoggend baie koud kry.
Button button
  • Lorem…
  • Ipsum…
Open Modal Window
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit

Ek het vir my ‘n lekker warm baadjie aangetrek, een wat ek nog op ‘n wildsplaas naby Naboomspruit gekoop het, jare gelede toe ek nog saam met my familie met vakansie kon gaan. Die baadjie maak natuurlik vas tot doer onder.
My lang broek is van weermag material gemaak en ek het seker gemaak ek trek dik kouse aan. Handskoene was nou nog nooit iets waarvan ek gehou het , al het ek baie maal gewonder of daar iets skort, want op ‘n koue winters oggend dink ek nie daar kan baie verkeerd wees sou iemand self warm handskoentjies sou aantrek.
Ek kon laas nag nie slaap nie, deur my kop het soveel goed gemaal. Ek staan nie gewoonlik so vroeg op nie, maar dit het nou nie veel gehelp dat ek lê en rondrol in die bed nie , en ek het besluit om op Rigelboombrug vroeg vanoggend te kom sit.
Dit is nou een plek wat elke ou op sy emmer lys moet sit om te kom aanskou, een van die hoogte brûe in die suidelike halfrond, met ‘n hoogte van omtrent 988 meter.
As jy afkyk dan sien jy die rivier doer onder en dit lyk soos ‘n stroompie wat tussen die twee berge loop. Die hange langs die kant is asem rowend , en plek plek is daar kraanse af, waar die rotse net skerp af gaan, en dit lyk kompleet of iemand dit so gemaak het.
Dit is nou een plek wat ek so met tussen poses kom besoek, en dit is nie ver van waar ek bly nie. Ongelukig is dit nie loop afstand en ek moes eers sukkel om die ou Toyota aan die gang te kry , want die ou karretjie het vanoggend net soos sy baas gevoel.
‘n Gesukkel om aan die gang te kom. Eending weet ek dat as ek eers aan die gang is, dan kan niks my stop,  maar die ouderdom het my ingehaal, en dit neem nou elke dag bietjie langer.
Hier waar ek sit, is ek nie aleen, en dit lyk of baie ander nie kon slaap, en of daardie drang om oefeninge te doen die oorhand gekry het oor die slaap, ander stap saam met ‘n vriend of siels genoot hand aan hand oor die brug en dis so met tussen poses dat ek sien hoe van die mense gaan staan en afkyk oor die rand van die reeling .
Ek wonder wat in elke een se gedagtes aangaan .
Menige mense het al van die brug afgespring, en dit juis omdat dit so hoog is, en ek dink dat daar sommer baie gedagtes in jou kop los bars as jy oor die reeling kyk.
Maar vir die wat na God se skepping wil staar, sal nie kan help om die prag van die natuur, die rotse, en plante groei te aanskou nie. Dit trek ongetwyfeld onmiddelik jou aandag , want dis asem rowend.
Die natuur sal maar altyd pragtig bly. Maar dis winter en die meeste struike teen die hange het geen blomme , en tog verkyk ek myself elke keer as ek hier na toe kom , maak nie saak watter seisoen.
Dit is ‘n seën dat die stadsraad van Rigelvlei besluit het om hier bankies op te rig sodat mense (meeste toeriste) hier kan kom sit en net die skoonheid kan in asem of net mense soos ek wat lus het om hier die skoonheid te kom aanskou.
Daar is natuurlik ook die ander mense op die brug wat nie kan wag dat die operateurs wat daardie rekke om jou voete bind en jy dan hier van die brug af spring om dan ook bietjie adrenalien deur jou are te laat vloei,  reeds op ‘n hoop saam bondel.
Dit is soort van in die middel van die brug, en ‘n hele klomp geesdriftiges wat vir die opwindende avontuur staan en wag.
Die hande word teen mekaar gevryf, en die stoom borrel by die monde uit soos hulle staan en praat.
My oog word getrek deur ‘n jong dame wat in my rigting loop.
Sy is seker in haar twintigs en heel slank, en die skouers hang so bietjie. Sy het ‘n bruin leerbaadjie aan, daardie hoë bruin vroulike stewels, saam met die kort donker groen rompie.
Natuurlik het sy daardie lang swart kouse aan, maar in geheel lyk sy tog na ‘n ordentlike meisie.
Kan ek hier sit? vra sy, en so in haar praat gaan sit sy op die ander kant van die bankie.
Ek kon nog nie eers antwoord, en dit is nou nie asof ek nou die sê het of sy mag sit of nie. Dis maar seker net respekvol dink ek.
Sy het sulke bruin–blonde lang hare, en van die hare het in haar gesig gewaai, wat sy dan weg vee.
Ek kan nie mooi uit maak wat die kleur van haar oë is nie, want dit is duidelik dat sy vir ‘n hele entjie van voor sy op die bankie kom sit het aan die huil was.
Ek wil nou ook nie voorbaarig wees, en vrae toe nou nie eers waarom sy huil nie.
Al weet ek dat die ouderdom die wysheid bring, en ek seker ‘n bydrae kan maak om haar beter te laat voel, (ek het allermins darm sielkunde op universiteit bestudeer) sit ek maar net voor my en kyk, en gooi dan n blik na haar kant toe. Ek wil nou nie graag hê dat sy moet dink ek sit en verkyk my aan haar wat huil nie.
Hoe oud is oom? vra sy, en met dit grou sy ook in haar handsak en kom met ‘n tissue te voorskein.
Die neus word geblaas en ek wag maar my beurt af voor ek antwoord.
Ek is sewe en sewentig my kind.
Die deur is oop dink ek, en ek kan nou met haar ‘n geselsie aan knoop.
En hoe oud is jy ? vra ek.
Dadelik besef ek dat ons mos geleer is dat mens vrae nooit hoe oud ‘n meisie is nie, en ek wil nog verskoning maak dat ek gevrae het toe sy antwoord, agt en twintig oom , agt-en-twintig en dit voel of my hele lewe ‘n leun was en dan is dit nog ek wat by die eie einde van my lewe gekom het.
Alla nee a my kind, jy is nog jonk en het ‘n lewe voor jou, wat laat jou sulke dinge sê? vrae ek.
Ek het kanker oom!
Na al die ander goed wat gebeur het, moes ek gister hoor “ek het kanker”. Die woorde kom soos ‘n blok bakstene op my af.
Jy kan die hartseer van diep binne hierdie ligaampie hoor uitkom. Dis woorde wat uitkom van iemand wat alle hoop verloor het. Sy snik soos sy huil en kan nie ‘n woord verder uit kry, ek hoor net so tussen die gehuil, die afvee van die neus en die gepraat dat die dokter haar net n paar maande gegee het om te lewe!
Ek het so baie drome gehad , ek wou so baie dinge doen, huil sy, en praat eintlik met ‘n tissue voor die neus terwyl groot traan druppels langs die skerp neusie afloop.
Wat sê jy nou vir iemand wat sulke tyding ontvang het. Jy wens dat jy kan sê, “man die dokter weet nie waarvan hy praat”, of “ag nee wat kanker is nie so erg”, vir baie mense is dit al gese.
Vir ‘n paar oomlike is ek stil.. maar ek skuif nader en sit my arms om haar.
Dit is ok om te huil my kind, en al sê ek ek verstaan, sal ek seker nooit die volle impak kan verstaan. Al wat ek weet is dat daar nog tyd is.
My oupa is net verlede week begrawe, en hy het vyf en tagtig geword, ‘n hele lewe het hy gehaat om te kon geniet,  en daar het soveel goed by sy begrafnis gebeur, en daar het soveel vrae ontstaan.
Goed wat ek dalk nooit voorheen aan gedink het nie. Daardie soort geheime wat mos uitkom die dag as iemand sterf en die familie dink dit is nou die tyd om daaroor te gesels.  Want die dood het nou ‘n werklikheid geword.
Dit was so erg dat ek gewens het dat ek net kan weg hardloop. Hardloop en nie ophou hardloop, of weg te loop en net nooit weer op te hou loop nie.
Dit was als ‘n leun oom! en nou snik sy, en ek kan maar net maak of ek verstaan, maar wat sy nou gese het weet ek of het ek geen benul van.
Al wat ek geleer het deur al die jare is dat wanneer jy nie weet wat om te sê nie, jy verseker nie net goed uit jou duim suig en op babel nie, maar om liewer jou oe toe te maak, en haar maar net vaster teen jou te druk is die beste.
Sy weet in alle geval, jy weet nie waarvan sy praat.
Ek haal my sakdoek uit en gee dit in haar hand, dis ok sê ek, gebruik dit, en as jy nog wil huil, dis ok, ek is hier en ek gaan nerens tot jy nie beter voel.
Sy knik en die trane vloei vrylik, ag ek dink sy wou maar net met iemand iets diep binne deel, sonder dat sy nodig het om baie te sê.
Daar sit ons tweetjies, nie een van ons ken die ander, maar wie nou ook al hier sou verby loop, sou dink dis oupa en sy klein dogter op die bankie, en beide verlang na ouma.
So gaan dit dink ek. Mense loop elke dag by die een of ander mens verby en ons maak ons eie gevolgtrelkinge.
Party maal wonder ons hoe belaglik lyk daai een nie met die pers hare, en as die ou met sy pienk opgtrekte broekie by my sou verby skuif , dan lag ek nou regtig in my mou.
Kyk die feit dat ek my eie geloofsoortuigings het, en die feit dat ek deur my opvoeding glo seker goed is reg en ander verkeerd maak nie my steling af of doen dit nie skade aan nie.
Die waarheid is ons het as gevolg van ons eie veroordeelings en geloofsbesware iets oor almal te sê, en ek dink daar word vir meenige van kleins af geleer “ moenie ‘n boek oordeel aan sy buite blad nie”.
Hierdie onderwerp word baie maal heel verkeerd vertolk, en seker met reg kan mense sê dat jy nie net hulle kan oordeel, en dit omdat jy so dink nie.
Ek stem daarmee saam, en wat dit beteken is niks anders as : “as jy nie weet nie, of geen werklike inligting het nie”, sou dit heel verkeerd wees om iets net oor iemand te sê.
Wat nou natuurlik heeltemal verskil as jy nou iets sou sê en eerserhands weet dat dit waar is. (Net ‘n waarskuwing is dat hoorsê nie waarheid is nie, of stellings waar maak nie)
Mense sien en sê baie maklik  “moenie oordeel nie” as net ‘n manier om te sê, dat jy nie vir my kan sê wat ek verkeerd doen nie.
Ons christelike agtergrond leer ons dat selfs die liewe Here nie geskroom het om mense die waarheid te vertel nie, en het Hy baie in die openbaar Sy gedagtes woorde gemaak. en ek verseker jou dat Hy nie Sy hande in die lug gegooi het en gesê het  “wie is Ek om te oordeel nie “
So sit ek en wonder wat mense nou van ons sê wat hier op die ou bankie sit terwyl hulle verby stap.
Ek dink toe maar by myself dat die wat nou hier verby stap kan nou maar hulle eie gevolgtrekkings maak, en dit met hulle self rond dra, maar ek sal werklik eksepsie neem teen enige een wat my moontlik ken en my vrou gaan vertel ek sit en vry ‘n ander jong poppie by Rigelboombrug.
Dis egter net waar dat ouderdom my nou al geleer het om maar aan al die ou goedjies te dink, maar vanoggend het ek nie om gegee wat wie sê nie.
Hierdie dogter het my nodig gehad en ek is en ag myself gelukkig dat ek haar in hierdie nood kan bystaan.
Die jonge dame lig haar kop van my skouer af, sy kyk op, haar oe is rooi gehuil, maar haar gesig het meer vel kleur as vroeer toe sy hier kom sit het, sy het op gehou huil, en sy gebruik my sakdoek om die laaste trane af te vee.
Dankie oom sê sy, en baie jammer dat ek nou net sommer hier op jou skouer kom sit en huil, maar ek het nie herwaarts of derwaarts geweet nie.
Ek verduidelik dat dit net my plesier is en dat sulke siels wroeginge net party maal ‘n skouer nodig het en dat ek hier is om haar by te staan.
Dis pragtig hier sê sy.
Ek het vir die eerste keer vanoggend besluit om op die brug te kom stap, ek was nog nooit hier, en ons bly nie eers baie ver hier vandaan.
Ek moet sê ek het dalk sommer aan baie ander dinge ook gedink , en ek dink oom sal verstaan.
Maar die feit dat ek net hier sommer kon kom sit het my laat asem skep.
Is jy getroud? vra ek ?
Ja oom. My man moes juis vroeg lughawe toe, en dit was toe met die opstaan wat ek besluit het, vandag is die dag dat ek net bietjie met my self en die geweldige dinge in my lewe deel.
Hy weet nog nie dat ek gediagnoseer is met kanker, en ek weet regtig nie hoe ek hom gaan vertel.
Ons is op die kruin van ons loobane, en hy het juis so pas bevordering gekry.
Hy praat al van huis koop, en dat dit nou juis tyd is dat ons met kinders begin. Nou hoe nou oom ? … en daar begin sy weer huil.
Ek kan die hartseer ervaar, ek kan die wanhoop ervaar, en ek ervaar wat sy graag vir haar man, vir wie sy baie lief is sou wou gee, maar sy weet dit  gaan haar nie beskore wees nie.
Juffrou ek kry jou regtig jammer en ek kan sien dat jou hart stukkend is, en ek mag miskien nie presies weet hoe jy van alle mense voel nie, maar ek weet een ding en dit is dat as jy nie kan opgee, en dat daar baie gedoen kan word, en terwyl jy asem haal kan nog ‘n plan gemaak word.
Ek moet egter vir jou sê dat ek dink dat dit nodig is dat jy jou man inlig oor die aan geleendheid.
Ek weet oom, maar hoe sê ek dit vir hom, sê sy ..
Ek skuif ‘n bietjie weg van haar en vat haar hande in myne, en vir die eerste keer kyk ek binne daardie pragtige blou oë, rooi gehuil, maar wat steeds n tintel blink in dit het.
Die jong gesiggie teken vir my ‘n prentjie van alles wat agter daardie oogies lê, en ek bou in ‘n oogwink gedagtes van hierdie klein doggtertjie wat maklik sou tee bedien uit daai koppies wat niks in het nie, met bordjies wat wasgoed pennetjies op het, en hoe sy met ‘n passie sou vertel van die koekies wat sy gebak het.
Dis nog ‘n kind HERE!! ,   sê ek saggies vir my self.
Kyk sê ek, en ek moet my keel skoon maak, want ek het self ‘n knop in die keel ..die mees belangrikste is dat jy vandag lewe, en as jy vanaand as jou man tuis kom , hom op die bank laat sit, en net met die deur in die huis val, gaan jy sien die grootste berg gaan van jou skouers afrol.
Baie maal is dit maar net om te begin om iets te vertel wat baie moeilik is, maar as ‘n mens eers begin praat sal jy sien die woorde sal somer rol.
Jy hoef nou nie dit te hard te stel met woorde soos ..“ My liewe man ek is gediagnoseer met kanker en ek gaan oor ‘n paar maande dood wees “ nie.
Ek sal liewer iets gebruik soos “Jy weet my skat dat mense siek kan raak, en dit kom ongevraagd, en soms wanneer ons dit die minste verwag.
Ek was gister by die doktor, en ek is positief getoets vir kanker en ek het jou nou meer nodig as ooit, want ek gaan veg met als wat ek het,  en ek gaan hierdie kanker wen, en ek het jou ondersteuning nodig , en al sê die doktor ek het net ‘n paar maande oor om te lewe, gaan ons veg tot daardie dag wat ons wen.
Ons kan in al geval nooit verloor want ‘n mens kan net wen of iets leer!
Sy kyk my stip aan, en ek wonder wat sy van die ou man dink.
Oom is reg sê sy, en ek gaan dit net so doen, ek weet nou nie of ek die woorde so mooi sal onthou, maar dis reg, ek sal dit nie kan stil hou, en ek het nou moed, ek kan die kanker veg , en ek gaan!.. ek sien sommer sy het hierdie boodskap goed ter harte geneem.
Kom oom baie hierheen?, vra sy.
Ek weet nou nie regtig wat om te antwoord, want as ek ja sê sal dit nou nie die volle waarheid wees, maar nee is ook nie reg.
Ek maak soms hier ‘n draai juffrou, en daar kom maar dae in my ou lewetjie wat ek ook nodig het om my kop skoon te kry, een van hulle was vanoggend.
Skuus sê sy , oom het hier kom sit om bietjie by jou self te wees, en hier stort ek toe sommer my hele emmer uit … sy lag effens as sy dit sê, en ek kan sien ewewel dat sy dit goed bedoel en dat sy baie blyer of gelukiger is dat sy bietjie self kon afpak.
Om iemand nuut te ontmoet is altyd ‘n vreugde en op my ouderdom gebeur dit nou nie elke dag sê ek.
Nee jy het my dag gemaak, en ek kan met ander oe na myself kyk.
Ek moet gaan sê sy, ek werk ook en kan nie laat wees.
Sy groet beleeft en druk my sakdoek binne in haar baaitjie sak, vat haar handsak vas, en daar gaan sy.
Ek kon geen woord uitkry ander as, “gaan jou goed my kind”, en het vir lank nog gesit en haar agterna kyk, tot ek haar daar in die verte sien in haar motor klim en weg ry.
Meteens is ek aleen, ek voel sommer aleen.
Iemand het nou net ‘n groot plek in my hart geneem en toe als rond geskuif, en dan uit geklim maar niks terug geskuif nie.
Dis ‘n groot gat!
My gedagtes gaan terug na baie jare gelede toe daar so ou klein dogtertjie binne my lewe in gestap het.
Sy was oupa se eerste klein kind, en vir eenige een wat kleinkinders het sal weet, dat daardie gevoel nie sommer met eenige iets kan vergelyk word nie.
Sy was nou die blom in my vles, en dit was nie lank of als het rondom hierdie ou lewetjie gedraai.
Dis om weer van vooraf kinders te hê, maar waar jy nie nodig het om die lesse van die lewe vir hulle te leer nie. Dit is iets wat jy kan los, want dis mos ma en pa se werk, en jy kan net bederf en dit geniet.
As daar na jou toe gehardloop word met armpies wyd oop asof hulle wil sê oupa red my dan speel jy saam en gryp hulle en maak of jy keer dat niemand by hulle kan kom nie.
Jy antwoord mos die vrae wat hulle so maklik vir oupa en ouma kan vra.
Soms moet jy lag jy in die mou, en wonder waar het hulle aan die goedjies gekom, of waar het hulle dit gesien.
Alhoewel ek nie vir lank die vooreg gehad het om die klein blommetjie te geniet, en te kon beleef wat dit is om oupa te wees, moet ek seker dankbaar wees, dat ek eenigsins daardie kaans gegin is en het ek een en ‘n half jaar gehad om haar te ken.
Ek het meenige dag van die werk gery om net vir haar te gaan “hallo” se.
Ek is gewoonlik van die huis geskakel en in gelig ons kleinding kuier by ouma, en sy gaan nou amper slaap, dan het ek als gelos en gou by die huis gaan draai, daar het ek haar sien pap eet of groente, en die “pottie train stoeltjie” was sommer die beste stoel vir op die tafel sit en eet.
Sy kon haar hande nie van my baard af hou, en met hande vol wat ook al in die bakkie wat sy eet was, is daar deur die baard hare gegrou, en dan het sy gelag asof dit haar tiekel of getiekel word.
Haar oogies het geglimlag , die mondjie was oop en die spoeg het daaruit geloop.
Als was vir haar net te oulik.
Ander kere het ek gewag dat dit amper opstaan tyd is in die middag, dan het ek weer by die huis gaan draai. Die oomlik as ek begin om te gesles met ouma, het daardie koppie op gelig, en was dit net ‘n rukkie of sy het pennetjie orent binne die opslaan kot gestaan en oupa kon haar sonder moeite uit tel.
Sy het dan my vas gehou presies soos ek hierbo verduidelik het, dat niemand haar by my kan weg ruk.
Ons het dan gespeel met geluide op my “ipad”, en prentjies geteken en dan het ek hard probeer dat sy loop, maar kruip was meer lekker, tot die middag wat ek voor haar geloop het en haar ogies was vas genael was op my, en sy treetjie vir treetjie gegee het.
My geluk dat ek dit op video kon afneem. Dit is ‘n gesiggie wat my altyd sal by bly, of is dit net iets wat mense sê, maar kan nie regtig onthou hoe daardie gesiggie regtig gelyk of lyk nie.
As ek deur die video gaan, dan herhinder ek myself gelukkig weer. En vandag sit ek hier en wonder hoe daardie poppie vandag lyk.
Ek kan nie meer so goed onthou nie, dis maar net die baba gesiggie wat ek het as verwysing, en ek vra,”Here was dit regverdig?”.
Daardie gat voel ek nou baie meer, en hoekom moes die jonge dame nou daardie seer kom oop krap sonder dat sy eers weet.
Ag my oe se plooie keer maar al te goed die trane en dit sal nie die eerste keer wees wat ek nie oor my kinders en hulle kinders huil nie.
Ek het al soveel maal gewonder of ‘n ou dan nie uit gehuil kom nie, en of jou trane dan nie kan opdroog.
Ek grou in my sak, en onthou ek het my sakdoek vir haar gegee, en gebruik maar my mou van die baadjie om die trane af te vee.
Ek staan stadig op en loop in die rigting van die ou toyota.
Ek wonder so tussen deur hoe oud die klein meisiekind nou al moet wees.
Ek het al so baie maal die vraag gevra hoekom haar ouers haar belet het of eerder seker gemaak het dat hierdie oupa ‘n “lewe dood” sal lewe en dat sy sal groot word sonder dat ek ooit deel van haar gedagte as oupa sal wees.
Ek het vele gedigte oor haar geskryf want dood kon niemand haar in my gedagtes kry.
Ek kyk so een keer terug na die bankie voor ek binne die ou toyota klim en dink so by myself wat ‘n oggend.
As ek nou nog gerook het dan was dit nou die tyd om nog rustig op die bankie te bly sit en ‘n sigarette op te steek en net te sit.
Maar ek is glad nie spyt dat ek ooit daardie gewoonte op gegee het, en met die aanskakel van die ou toyota dink hoe lekker dit nou gaan  wees om ‘n koppie koffie af te sluk.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.