My Kleinding

Posted by

My Kleinding

Ek kan probeer, ek kan huil
Maar stadig maar seker kom daar n kloof
en sonder toedoen raak ek net weg
want as hul jou iets sou vertel van my was dit net sleg

Ek staar na jou fotos soos jou ma dit plaas
en wonder met trane of jy ooit gaan wonder waar ek is
Jou oogies glimlag, so niks verstaan
en jy word geleer om sonder my te bestaan

Ek wens ek kon jou vas hou, of uit die kot uit optel
dis hoe groot jy was toe ek jou die laaste maal kon sien
Jou handjies was uitgestrek om oupa te sien
self al het jy geslaap, my stem was genoeg om jou oogies oop te maak

Ek het by jou gesit toe jy begin groot kos eet
en ek moes help om jou te maak dink dis die lekkerste beet
Jou handjies het my baard getrek, en soms het jy my daarmee hard geknyp
Maar die lag op jou mondjie maak dit als die moeite werd

Op my Ipad kon ons saam teken
en op die maat van musiek het jy rond getruppel
As ek my oe toegemaak het om n uiltjie te knip
het jy my kop gevryf sodat ek vir jou kan kyk

Ek wens die ou lewe was minder tog so swaar
en het ek nooit geweet dat ek selfs jou gaan verloor
As ek sou besluit om ouma te vermoor
Nie soos in regtig , maar in gedagte en normale daaglikse lewe

En sy sou vir my nie meer bestaan
Ek kan huil, en ek kan probeer
maar sonder jou is dit altyd seer
Ek bid dat God jou bewaar
en dat jy my iewers in die toekom sal verstaan, al is dit ook hoe swaar

Oupa sal altyd na jou verlang
en vir my sal jy bly , my kleinding
met pot blou oogies en blonde bom
My liefde vir jou sal vir altyd wees

Ek kan huil , en ek kan probeer
Oupa se hart bly maar baie seer

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.