Slim Prokureur

Posted by

Bordeeleienares maak bordeel se deur oop en sien ’n waardige goed geklede man van iets in die 50.
”Kan ek help, Meneer?“ vra sy.
”Ek wil Valerie sien,” antwoord die man.
Meneer, Valerie is een van ons duurste dames.
Dalk sal jy iemand anders verkies.“ se sy.
“Nee, ek moet Valerie sien.” Antwoord hy.
Net toe verskyn Valerie en sê vir die man sy vra R10 000 vir ’n besoek.

Sonder om te aarsel, haal die man die geld uit, gee dit aan Valerie en hulle gaan kamer toe.

Na ’n uur vertrek die man kalm.

Die volgende aand is die man weer daar en dring weer daarop aan om Valerie te sien.
Valerie sê niemand het nog ooit twee aande na mekaar teruggekom nie, want sy is te duur.
Maar daar is geen afslag nie.
Die prys is steeds R10 000.
Die man haal weer die geld uit, gee dit vir Valerie en hulle gaan na die kamer.

Na ’n uur vertrek hy.

Die volgende aand is die man weer daar.
Al die meisies is verstom dat hy ’n derde agtereenvolgende aand kom.
Maar hy betaal Valerie R10 000 en hulle gaan kamer toe.

Na die sessie vra Valerie die man uit.
”Niemand was nog ooit drie aande na mekaar by my nie.
Van waar kom jy?“ vra sy.
Die man antwoord: “Bloemfontein.“

”Regtig?“ sê Valerie. ”Ek het familie in Bloemfontein.“
“Ek weet.” Sê die man.
”Jou Ouma is dood en ek was haar prokureur. Jou suster het my gevra om vir jou die R30 000 te gee wat jy geërf het.”

Die les van die storie is dat drie dinge in die lewe seker is:
1. Dood
2. Belasting
3. Om deur ’n Prokureur befok te word!!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.