Hoe Lank Ly Jy Nou Al Aan Rumatiek

Posted by

Hoe Lank Ly Jy Nou Al Aan Rumatiek

“‘n Slonserige man steier tot op die Gautrein en gaan sit regoor ‘n Rooms-Katolieke pater.

Die slonserige man se asem ruik na ‘n sjebeen, sy klere is deurmekaar, sy gesig is met lipstiffie besmeer, sy oë is bloedbelope en uit sy baadjiesak steek die nek van ‘n rietspiritusbottel.

Met bewende, dom hande vou hy sy koerant oop en begin lees.

Na ‘n paar minute, hik hy, kyk op en vra die priester: “Ek sjê Pater, wat veroorsaak rumatiek?”

Die priester antwoord vieserig: “Rumatiek word veroorsaak deur ‘n losbandige, vuil leefwyse, deur omgang met goedkoop agterstraat vroue, te veel drank en brassery, rondslapery, agterlike lewensgewoontes, onsindelikheid en ‘n versuim om gereeld te bad.”

“Bluksjers, dit is nou interessjant,” antwoord die slonserige man en lees verder aan sy koerant.

Die priester sien die geleentheid om nog ‘n bietjie oordeel uit te spreek en vra: “Hoe lank ly jy nou al aan rumatiek?”

Slonserige man: “Nee, ek het glad nie rumatiek nie. Ek lees hier in die koerant die pous het erge las daarvan.”

 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.