Die weer is nou se dae baie snaaks. Vandag weer bedompig. Gelukkig waai daar ’n effense windjie. Nie genoeg om die aarde af te koel nie, maar dit troos darem. Louisa kyk op na die son wat sukkel-sukkel deur die wolke loer. Sy wonder wat sy gaan maak om te eet vanaand. Haar maag grom en sy vryf dit saggies om dit stil te kry. Sy skrik toe ’n jong man en meisie verby haar huppel. Hulle skree en lag. Sara en Liam. Die dorp se twee bekende tik-verslaafdes. Die meise se blonde hare blink vuil in die flou sonlig en die man se maer uitgeteerde lyf ruk heen en weer soos hulle huppel in die rigting van die parkie. Sy het eenkeer met Liam gepraat. Hy is ’n baie aangename jong man. Sy ouers besit die wildsplaas net buite die dorp, maar verkeerde vriende het hom telke maale in die rehabilitasie sentrum laat beland. Die afgelope jaar bly hy en Sara in Tant Grieta se tuinkamer. Sara is Tant Grieta se kleindogter. Sy het nie juis gevorder op skool nie en het op vyftien al gaan werk by die kaffee op die hoek, maar is kort daarna afgedank oor […]
Hoekom wil jy wag? Sluit Aan Vandag!
Hierdie webwerf is ontwikkel sodat jy, die potensiële of toekomstige lid, die plesier van skryf kan geniet.
Miskien is jy iemand wat graag ‘n gedig of nuusberig van jou omgewing of enig ander wil skryf, of miskien wil jy net ‘n grapartikel deel met die doel om soveel ander te vertel.
Dit is nou nie so dat jy dalk soveel skryf dat jy dalk jou eie webwerf wil begin nie, maar hier kan jy jou insette met duisende en ander maak, en net so veel keer as wat jy wil.
- Nou Hoekom Sal Ek nou Hier Wil Skryf? ( Klik Hier)
- En Waaroor Mag Ek Skryf, En Waaroor Nie ? ( Klik Hier)
- Kategorieë wat tans beskikbaar is
- Wat sê ander
