Leeu Ondersteuner

Posted by

Leeu ondersteuner stap by ‘n kroeg in met sy klein Jack Russel onder die arm.

“Kan ek en my hondjie die Leeus vs Bulls game hier kyk”? :vra hy.

Die Barman sê:”Eintlik word diere nie hier toegelaat nie maar as jy en die hond julle gedra kan julle kyk.
Ek soek geen klagtes nie”.

Binne die eerste minuut teken die Leeus die eerste punte aan met ‘n strafskop.
Die hondjie spring los en begin die oulikste toertjies doen.

Die barman is baie beindruk en sê: “die hond is so oulik, wat doen hy as die Bulle ‘n drie druk?”.

Die Leeu ondersteuner antwoord:” ek weet nie, ek het hom nou eers 5 jaar.

 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.