Gedig aan My Kinders

Posted by

Gedig aan My Kinders

Keer op keer het ek in die nag geroep
Keer op keer het ek gedroom dat ek jou vas hou, en dat jy my hoor roep

Keer op keer het my hart stukkend gebreek
en het ek gewonder waarom jy nie leef wat jy preek

Jy het my hoeveel keer ignoreer en elke dag voel ek gesaboteer
Jy het my hoeveel maal net misgekyk en gefokus op dit wat op die rol pruik

Hoe sal ek jou dan ooit kan vergeet
As ek dan met my liefde jou altyd wou opvreet

Hoe sal ek dan  nie kan onthou
Hoe dit voel om jou met my arms te om vou

Stukkend, stukkend het jy my gebreek
Verskeurde hart het op die grond gele en smeek

My roep het op dowe ore geval
My optrede het jou nie geval

Dit maak nie meer saak
Dit maak nie meer saak
Want die bitter pli het nou geen smaak
Dit maak nie meer saak
Want net jy kon wys wat ek in jou lewe moet maak

Jy het vergeet hoe jy kon slaap, sonder bekomernis, en wie more se sorge hanteer
Jy het vergeet hoe jy kon lewe sonder om een oomlik te weet waar die verantwoordelikheid le

Als was net maar
Als moes net maar

Of dit goed was of sleg
Jy is die een wat moet onthou die sorg en bederf

Dit maak nie meer saak
Dit maak nie meer saak
Want die bitter pli het nou geen smaak
Dit maak nie meer saak
Want net jy kon wys wat ek in jou lewe moet maak

Jy het jou eie illusie geskep
Dat ek jou, net met woorde kon skep
Jou gedagtes het vergeet van nagte en nagte se werk
Sodat jou lewe kon werk

Jou woorde dat dit nie gebeur het, en dat daardie tyd gebruik was vir iets anders
Is een groot versinsel opgemaak deur iemand anders
Die kern van die probleem word mis gekyk
Net omdat dit beter pas want anders kan ek nie verstaan, en moet ek ander pad kyk

Seer het ek baie gekry, huil het ek baie gedoen
Gewens het ek meer as een maal
Gedink, het ek n duisend maal
Maar niks het dit beteken, want jou liefde vir my kon ek nie terug wen

Nee n duisend maal nee, sal ek wil terug gaan op die pad
Wat net geluk vir jou beteken, of net wat jy sou wou he
Ek het gedoen wat vir my saak maak, en wat vir my gelukkig maak, dis my pad
Ek kon nooit sien dat jy nie saam my kon wees op die selfde pad
Omdat dit nie nodig was dat dit jou so diep moet raak

Dit maak nie meer saak
Dit maak nie meer saak
Want die bitter pli het nou geen smaak
Dit maak nie meer saak
Want net jy kon wys wat ek in jou lewe moet maak

God het gegee, en God het geneem
Sy wil sal altyd geskied
En al sien ek jou nooit hier op aarde, gaan ons voor God staan
Hy is die harte kenner, Hy is die nier beproewer
Hy is die een wat verstaan. Wat ander se en dink gaan Hom nie skeel
Mag jy nie daar staan met n krop in die keel

Onthou een ding my kind. Soos jy soms van God die Vader vergeet
En Hy net nader geroep word as jy moeg word van die sweet
So is aardse vaders ook maar.
En soos God lief het, so het ek ook lief
En soos Hy seerkry as Sy kinder Hom vergeet, so kry ek ook seer

En dan gaan daar kom die dag, wanneer Hy net hulle sal by Hom laat sit
aan die tafel wat Hy self voorberei het.
Die wat Hom ook lief gehad het

En dan ……..

Dan maak niks meer saak nie

 

 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.