Wie Skree Vir Die Bulls

Posted by

Wie Skree Vir Die Bulls

Die twee seuntjies speel krieket in ‘n parkie in Kaapstad.

Terwyl hulle nog so speel, kom daar ‘n Rotweiler in en val die een
seuntjie aan.

Die ander seuntjie dink vinnig, vat sy kolf, druk dit by die Rotweiler se halsband deur en breek sy nek.

Net toe kom daar ‘n joernalis verby en hy wil onderhoud voer met die seuntjies.

Hy begin te skryf: “Jong Stormer ondersteuner red vriend se lewe uit die bek van ‘n vreeslike dier”.

Die seuntjie sê – “Ek is nie ‘n Stormer nie” – baie verontwaardig!!

Die joernalis vra om verskoning en sê hy’t aangeneem omdat die insident in die Kaap gebeur het, hy ‘n Stormer ondersteuner is.

Hy begin toe weer skryf: “Sharks ondersteuner red vriend van vreesaanjaende aanval”.

Weer sê die seun – “Ek is nie ‘n Sharks ondersteuner nie”!!

Nou watter span ondersteun jy dan, vra die joernalis.

Die seun sê – “Ek is ‘n Blou Bul ondersteuner”.

Die joernalis blaai om en skryf:

“KLEIN KAK VAN PRETORIA VERMOOR FAMILIETROETELDIER KOELBLOEDIG”

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.