Nie Ons Kind

Posted by

Nie Ons Kind

Na tien jaar kom die ma agter dat hul oudste kind nie soos sy jonger sussie lyk nie en gaan doen ‘n DNS-toets om sekerheid te kry.

Tot haar skok wys die toetse dat nie sy of haar man aan die kind bloedverwant is nie.

Dié aand sê sy vir haar man: “Weet jy dat Kosie nie ons kind is nie?”

Koos antwoord kalm: “Ja, natuurlik.”

Sarie, rasend van ontsteltenis: “Goeie hemel, jy’t geweet, maar hoe het dit gebeur?”

Koos: “Onthou jy nie? Voor ons die hospitaal verlaat het, het die baba sy doek vuil gemaak en toe sê jy, ‘Gaan ruil hom.’”

 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.