Spreuke 3:6

O Here my God, U is dan so getrou.
Vanaf die dag van my geboorte, kyk U na my.
Alles wat ek het, het ek van U ontvang, en dit is ontelbaar!

Ek kan Sien, Hoor, Dink, Redeneer, Gesels en Lag.
En as daar ‘n traan is, is U daar om te troos.

U is Groot en Magtig.  Here, U is my lewe,
U sorg vir my. U het die aarde gemaak en alles daarop is en ‘n pragtige deel is vir my afgemeet.

Dankie Vader!!

Elke dag is vol van U Genade en dit is alles onverdiend!!
Bly by my o Heer nou en altyd.
Amen.

“Ken die Here in alles wat jy doen en Hy sal jou die
regte pad laat Wandel”
Spr. 3:6.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.