Was Jy Voorheen Getroud

Posted by

Piet trou met sy nooi met wie hy lank uitgegaan het.

Paar maande na die troue sit hy en patrone laai vir ‘n opkomende jagtog.

Nadat vroutjie hom ‘n lang tyd in stilte dop gehou het sê sy:
“Liefie ek het nou so gedink, dink jy nie nou dat ons getroud is is tyd vir jou om op te hou jag, visvang,patrone laai en al daardie goed nie?
Miskien moet jy jou gewere en boot verkoop!”

Piet kry so ‘n snaakse uitdrukking op sy gesig. Sy vra:” Liefie wat’s nou fout?”
Piet: “Vir ‘n oomblik daar het jy soos my eks vrou geklink!”
Sy: “Jou eks vrou?….Ek het nie geweet jy was voorheen getroud nie!”
Piet: “Ek was nie!”

 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.