Wil Jy ‘n Plaas Koop

Posted by

Die boer wil sy plaas verkoop en wys die voornemende koper rond.
Hulle kom op ‘n boom af met ‘n moewiese byenes in.

KOPER: “NEE WAT. Ek wil ‘n gastehuis oopmaak en dit sal nie deug as my gaste deur bye gesteek word nie.
Die nes moet weg.”

BOER: “Nee Man. In die 20 jaar wat ek hier bly, is niemand nog deur ‘n by gesteek nie. Kom ons maak ‘n deal:
Ek bind jou kaalbas aan hierdie boom vas vir 15 minute lank en as ‘n by jou steek, gee ek jou 20 persent afslag op die koopprys.

So gesê so gedaan. Toe die boer na 15 minute terugkom, vind hy die koper in gehawende toestand aan. Hy sweet, hy snak na asem, hang pap aan die boom en is bloedrooi in die gesig.

BOER: ” Wat’s fout, Jong? Het ‘n by jou gesteek? ”

KOPER: “NEE. Maar sê my een ding: Daai kalfie wat hier rondloop, het hy dan nie ‘n ma nie?”!!!”

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.