Wat Nie Net In Die Oorlog Gebeur

Posted by

Wat Nie Net In Die Oorlog Gebeur

Oom Jan wat daar aan die buitewyke van Upington gebly het in die vyftiger jare kom klop een middag aan die pastorie se deur vir ‘n belydenis. Ou dominee maak oop en nooi die oom binne.

Die oom begin met:
“Dominee, so met die Boereoorlog langs het ‘n pragtige meisietjie van een van die buurplase af een nag dringend by my kom skuiling soek teen die Ingelse. So toe steek ek haar in my skuur se solder weg.”

Ou dominee antwoord:
“Broer, dis ‘n wonderlike ding wat jy gedoen het, daaroor hoef jy glad nie ‘n belydenis te doen nie.”

“Nee, daar is nog meer dominee. Sy’t my met intieme gunsies begin betaal. Dit het etlike kere per week, en op Sondae selfs twee keer gebeur.”

Dominee is weer aan die woord: “Dit was lank gelede broer, en jy het haar eintlik bygestaan in tye van groot gevaar. Onder sulke omstandighede kan twee jongmense hulself maklik oorgee aan die begeertes van die vlees. Dit is alles vergeefbaar.”

“Dankie dominee, dit is ‘n groot las van my skouers af. Ek het net nog een vragie.”

“En wat sou dit wees?” vra ou dominee.

“Moet ek haar vertel dat die oorlog verby is?”

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.