Spreuke 3:6
O Here my God, U is dan so getrou.
Vanaf die dag van my geboorte, kyk U na my.
Alles wat ek het, het ek van U ontvang, en dit is ontelbaar!
Ek kan Sien, Hoor, Dink, Redeneer, Gesels en Lag.
En as daar ‘n traan is, is U daar om te troos.
U is Groot en Magtig. Here, U is my lewe,
U sorg vir my. U het die aarde gemaak en alles daarop is en ‘n pragtige deel is vir my afgemeet.
Dankie Vader!!
Elke dag is vol van U Genade en dit is alles onverdiend!!
Bly by my o Heer nou en altyd.
Amen.
“Ken die Here in alles wat jy doen en Hy sal jou die
regte pad laat Wandel”
Spr. 3:6.