Ryp In Die Winter

Posted by

RYP IN DIE WINTER

’n Yskoue wind waai die blare van die boom
Daar val blare op die grond en herfs het ons bekroon
Die kleur van die veld het verander van groen tot bruin
En baie plante verwelk in die tuin

Dit was groen blare dink ek hard
Wat het dan gemaak dat dit so verhard
Het die voeding na die are dan net verdamp
Of het iets hier die boom gestamp

’n Koue gevoel gaan langs my rugraat af
Wonder ek, of die wind so kan draf
Ek kry die bibber ritteltits
En bessef dis n les wat my gedagtes klits

Daardie blare sal nooit weer koelte verskaf
Wanneer die son in die somer op sy ergste blaf
Dit le op die grond
En die wind waai dit die wereld rond

Wat is dan die behoud, vrae ek myself,
Of verloor elke boom sy blare net vanself
Die besef kom stadig deur
Die blare van somig boom is net vir n tyd gekleur

Dis die boom en die se groei
Wat bepaal of dit in die lente gaan bloei
Maak toe die boom vir die winter se oggend byt
Beskerm dit teen die koue en die ryp

Hierin nou die les
As die winter byt die boom eers kwes
Sterf nie net die blare
Maar elke stukkie lewe in die boom se are

En onthou die goeie les
Al lyk die boom na net tak en stok
Beskermd groei dit stil stil in sy blok

Wat het ek probeer se:

’n Yskoue wind waai die blare van die boom
Daar waai yskoue winde ( Daardie onplesierige stormpies of winde  ) gedurig deur die blare ( die goedjies wat die verhouding mooi maak)
Elke verhouding is iets wat met “chemistrie ” tot stand kom, (Planting)
Dit begin groei , en die hoop is soos met enige plant dat dit groot sal word , die mooiste blomme sal dra, of vrugte
Gedurig is daar n nuwe blaar , ‘n nuwe ondervinding, en n nuwe ondeking in mekaar en met al die blare aan die boom, kry dit vorm
Ander staar daarna , en dink dis so mooi en sommige se , dit gaan nou n mooi groot boom word!

Daars opgewondenheid, en hoop, n uitsien na die dag wannner daar onder daardie boom gesit kan word. waar daardie boom koelte kan verskaf
Maar hierdie lewe het sy grille en draaie , en elke seisoen moet weerstaan word, en so ook elke jaar die selfde seisoen
Wat beteken as dit verby gegaan het, moet jy nie dink dit gaan nie weer verby kom.

Daar val blare op die grond en herfs het ons bekroon
Dit het herfs geword in die verhouding, dinge lyk nie al te mooi, en baie van die groen groen, of mooi dinge word nie meer belangrijk, of is nie meer so mooi , en dra nie meer by tot die verhouding.

Die kleur van die veld het verander van groen tot bruin
Dit wat gister grappig was en ek nie kon ophou lag daarop, het vandag iets geword, wat ek nie meer geniet

En baie plante verwelk in die tuin
En met die blare wat rond waai , en meer mense kennis kry van hoe dit nou eintlik gaan, lyk die verhouding selfs van buite nie meer baie mooi.
Die geheim le natuurlik daarin, dat ons moet keer dat die blare nie rond waai

Dit was groen blare dink ek hard
Dit was dan so mooi !

Wat het dan gemaak dat dit so verhard
Die verwondering aan wat het gemaak dat ons nou hier verkeer.

Het die voeding na die are dan net verdamp
Of het iets hier die boom gestamp
Wat het gebeur dat ons hier beland het, vrae wat ek behoort te weet, maar is verstom.

’n koue gevoel gaan langs my rugraat af
Wonder ek, of die wind so kan draf
Dis asof ek tot die besef kom , en dis nie lekker
Dis asof ek myself vra of ek dit kan reg maak, of het die verbrouing, en die frustrasie, die woorde uit my mod, my so gebind dat ek hopeloos staan ek toekyk

Ek kry die bibber ritteltits
En bessef dis n les wat my gedagtes klits
My gedagtes is verward, my gedagtes is verdeeld, met die eenkant se ek nee, en die anderkant se ek Ja , dis soos n ou wat n harde stamp teen die kop gekry het, en half in beswyning is

Daardie blare sal nooit weer koelte verskaf
wanneer die son in die somer op sy ergste blaf
dit le op die grond
en die wind waai dit die wereld rond

Wat is dan die behoud, vrae ek myself,
Of verloor elke boom sy blare net vanself
Die besef kom stadig deur
Die blare van somig boom is net vir n tyd gekleur

Dis die boom en die se groei
Wat bepaal of dit in die lente gaan bloei
Maak toe die boom vir die winter se oggend byt
Beskerm dit teen die koue en die ryp

Hierin nou die les
As die winter byt die boom eers kwes
Sterf nie net die blare
maar elke stukkie lewe in die boom se are

En onthou die goeie les
Al lyk die boom na net tak en stok
Beskermd groei dit stil stil in sy blok

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.