UNIEKE AFRIKAANSE WOORD FOK

Posted by

DIE UNIEKE AFRIKAANSE “FOK”

Een van die interessantste, kleurvolste woorde in Afrikaans, is die leenwoord fok en sy familie. Dis ‘n towerwoord wat, bloot deur sy klank, vreugde of pyn, liefde of haat, ontdekking of frustrasie kan weergee.  FOK is een van die min woorde wat die funksie van byna alle woordsoorte kan vervul.

Dit word as oorganklike werkwoord gebruik (Fok die hele spul), en as onoorganklike werkwoord (Ag fok), as bevel (Fok dit!), in die bedrywende vorm (Dit het my gefok), sowel as die lydende vorm (Nou is jy heeltemal gefok), as die hoofelement in ‘n hele reeks skeibare werkwoorde (aanfok,opfok, uitfok, toefok, voortfok, byfok, agteroorfok, agternafok), ens. of as stam van ‘n werkwoord (Nou het jy die hele ding befok).

As abstrakte selfstandige naamwoord (Ek gee nie ‘n fok om nie), of as persoonsnaam (Het jy gesien wat die fokker probeer doen?)
As nabepaling by ‘n vraagwoord (Hoe de fok, wie de fok, hoekom de fok, wanneer de fok,ens.)
As byvoeglike naamwoord (Waar moet ek die fokken tyd vandaankry?)
As bywoord (Dis nou ‘n fokken mooi grap), en as uitroep (O fok!).

Selfs ook as invoegsel (Onge-fokken-looflik). Dit kan ook in homself ingevoeg word (Nou is jy be-fokken-fok).

Hierdie Afrikaanse woord kan gebruik word om wyd uiteenlopende situasies te beskryf:
Verrassing: Hoe de fok gaan dit met jou? Bedrog: Die motorhawe het my befok. Ontsteltenis: Ag fokkit! Moeilikheid: Nou is ek in my moer in gefok. Aggressie: Fok jou! Meer Aggressie: Ek gaan jou opfok! Moedeloosheid: Hoe de fok moet ek dit regkry? Walging: Fok my! Plesier: Fok my nog! Wanbegrip: Ek fokken verstaan nie. Inkompetensie: Hy fok alles op. Gesag: Wat de fok dink jy doen jy? Verdwaal: Nou weet ek not ‘n fok waar ek is nie. Oortuiging: Onge-fokken-twyfeld.

Dit kan horlosietyd beskryf (Presies half-fokken-vyf), of omstandighede (Hoe het ek in hierdie fokken job beland?), of persone (Jan Fokken Smuts), of dinge (Kyk hoe lyk jou fokken skoene!), of plekke (Tot in fokken Durban), of dit kan die siel van ‘n uitnodiging wees wat van hartlikheid drup (Fok u!).

Fok is in Afrikaans onge-fokken-ewenaard!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.