HOENDER IN COKE

Posted by

HOENDER IN COKE

Lewer 4 – 6 porsies
1 kg hoenderstukke (boudjies, vlerkies, dye)
Marinade
60 ml (¼ k) sojasous
60 ml (¼ k) bruinsuiker
30 ml (2 e) bruinasyn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
340 ml-blik Coke
roosmaryntakkie of enige ander vars kruie

METODE:
1Meng al die marinade-bestanddele saam. Giet oor hoenderstukke en
marineer vir omtrent 1 uur in yskas.
Plaas hoender in ’n swaarboomkastrol
en kook vir ongeveer 45 minute in die marinade. Draai hoender gereeld om.
Skep die meeste van sous af en braai die hoenderstukke in die laaste bietjie marinade tot goudbruin.
Sit warm voor met ’n stysel of groente na
smaak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.