Hierdie resep is genoeg vir vier mense.

Vars of gerookte skenkels kan gebruik word, maar as mens gerookte skenkels gebruik, dan moet jy nie sout in die kos gooi nie, want dan is dit reeds sout genoeg.

2 middelmatige varkskenkels
4 wonderpeperkorrels
4 kruienaeltjies
1 groot lourierblaar of
1 t gestampte koljander
‘n suurlemoenblaar
sout (slegs by vars skenkels)

Bedek skenkels met water en kook tot dit begin sag word. Voeg die wonderpeperkorrels, kruienaeltjies, lourier- of Suurlemoen-blaar, koljander en sout by. (Kneus eers die blaar om die geur beter vry te stel).
Stowe die skenkels tot hulle papsag is, en lieflik lymerig is. Mens dien die skenkels met ‘n skyfie suurlemoen daarby op, en sorg dat die pepermeul ook op die tafel staan, dis altyd lekker so vars oor gemaal.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.