Hoodstuk 3
Stief Pa
Ek moet opstaan en die foon op die tafeltjie gaan kry.
Ek is net betyds om dit te antwoord.
Dis my dogter, of moet ek sê “Stief dogter!”
Ek het nog altyd n kleintjie dood aan die woord stief!
Dit voel vir my na niks anders asof jy aangeneem is deur ouers wat nie regtig n kind wou aanneem maar geen keuse gehad het. Jy bly deurentheid voel jy hoort nie hier, daardie plek wat jy moet huis noem bestaan nie!
Ek moes maar deur die jare verlief neem dat ek altyd voorgestel is as “ die is my stief pa” en meenig maal is aan my verduidelik dat daardie gebruik nie gesien moet word soos ek dit hierbo beskryf het, maar dat mense maar verskillend is, en so het elk maar sy eie manier van verwerk, hulle se mos egskeiding het n verskriklike impak en verwek baie trauma op n kind se lewe!
Ek het geen illusie en dink dis waar en dat ‘n egskeiding uiters traumaties is, en nie net dat dit maklik saam met die dood van iemand ná aan jou wat uiteraard ook as n stresvolste ervaring gemeet kan word, vergelyk kan word nie.
My gevoel is net, dat ek glo dat die trauma wat die kind ondergaan gemeet word na gelang van hoeveel inligting of kennis wat daardie kind op daardie staduim kan inneem of kan verstaan of ingeneem en verstaan het, tydens die gebeure en tot finale skeiding.
Wat van In die Geval van n babba:
Gewoonlik in die geval van n baba, of baie jong kleuter, sal die tipe trauma nie baie veel wees nie, as gevolg van die feit dat die kindjie nie eers behoorlik weet wie mamma of pappa is nie. Dis wel iemand wat hy of sy baie meer as al die nader mense sien, en dis wel die mense wat seker maak ek kry kos, en as ek lus het vir melk en skreeu dan sal die bottle automaties by my mond in gaan .
Dit sal ook nie lank vat of die ouer wat weg gaan sal heel vergete wees, en die baba sal nie eers behoorlik onthou dat daar n ander ouer bestaan het nie.
Daar is soveel sulke gevalle waar kinders groot word sonder die werklike biologiese vader of moeder, en dit is eers heelwat later wat hulle n ander trauma beleef, namate hulle meer kennis ontvang van die gebeure, en dalk n skaam lewe, lewe as dit kom by my maats se verwysing na hulle pa of ma.
“Stief Pa” word dan die eenigste pa wat ek geken het, en dien ooreenkomstig gaan dit dalk makliker met daardie stief pa. Baba word groot en sy stief pa, is sy pa, en hy is sy pa se seun of dogter!
Hoekom verduidelik ek die gedeelte hierbo?
Om te bevestig dat om pa te wees, nie afhang of dit my saad of n ander se saad is nie. As jy my aanvaar as joune sal ek joune wees, en as jy my nie aanvaar as joune, kan ek net verlang om joune te wees!
Dinge verander hoe ouer die kind word. Onthou ek gesels hier oor die trauma van n egskeiding.
Vir die kleuter en begin skoolgaande kind
Dit moet ook aanvaar word dat in die geval waar die kinders kleuters is, dit baie maklik aanvaarbaar of aanvaar kan word, en dat die ouers in die spesifieke geval dan ook baie jonger is, en dat die rypheid en kennis van die lewe, en hoe om situasies van die aard te hanteer ook maar met baie foute kom.
Dit is tog so, dat hoe jonger die kind is, hoe moeiliker sal dit wees om te verstaan dat moeder en vader nie meer by mekaar wil wees nie. Die moontlikheid dat die kind nog gister ervaar het dat mamma en pappa mekaar wil opvreet van liefde, is baie hoogs waarskynlik is.( Alle egskeidings het nie n lang aanloop)
Ek is tog van meening dat in daardie klein breintjie kan dit tog geen sin maak dat mamma en pappa net op n goeie dag besluit ons is nie meer lief vir mekaar, en dat om afsonderlik te woon nou die beste vir hulle beide sou wees.
Wat kan die kind verstaan?
Die kind het dalk self nog nooit eers n verhouding gehad, of weet eweneens wat n verhouding is!
Vir daardie kind gaan dit oor sekuriteit.
- Waar gaan ons bly?
- Wie gaan nou my by die skool optel?
- Wat gaan oueraand met my gebeur?
Die kind se hele wereld stort in duie en omdat die kind nie kan uitwerk hoe en waar nie, is daardie ervaaring vreeslik traumaties.
Hierdie trauma verander dan ook weer wanneer inligting of kennis bekom word, en die kind vind geen verandering aan hoe hy of sy daaglikse lewe aangaan.
“Ek bly nou wel op n nuwe plek, maar my kos is nog in my kosblik, en ek word steeds opgetel by die skool”.
Stadig maar seker kruip die nuwe sekuritiet in, en maklik vind daardie kind hom weer in n omgeweing waar alles amper weer normal is.
Die problem egter is dat daar in die enkel ouer baie meer trauma beleef word, en baie van daardie trauma het n geneigdheid om na die oppervlak te kom as wraak, of ek wil wegkom, of te grens aan ek is so skaam, en die enkel ouer moet versigtig wees om sy gevoelens na die kind te kanaliseer, wat dan n nuwe trauma bewerkstelig in daardie kind.
Daardie trauma hier bo beskryf is nie die selfde oorspronklike egskeidings trauma.
My rede hiervoor is dat dit sekere grondbeginsels lê binne in n klein koppie of breintjie wat niks anders kan verstaan as dat wat die enkel ouer doen nooit as verkeerd gesien sal word nie. Hoe kan jy ooit dink, my ma of pa kan verkeerd optree?
Daar is geen evalueerings stelsel van wat gebeur, of is dit reg of verkeerd. Die hele wereld kan se dit is so, maar as my ouers gese het dit is anders bly dit anders, dit is eers as jy groot word wat jy terug kyk en weet dat dit wat gebeur het is verkeerd.
En dan soos in my geval is dit hier waar “STIEF PA” gebore word.
Dit kan ook wees waar stief ma gebore word, maar die is my storie so ek vertel dit uit my manlike oog, jy kan dit in jou gedagtes verander na die vroulike vorm.
Jy sien dit is mamma wat n nuwe man ontmoet, en mamma se onsekerheid plaas haar in n beskermings “mode”. Sy wil tog nie he dat die kinders weer moet seer kry, en sonder om mooi oor als te dink skuif sy n wig in tussen die groei van n goeie verhouding normaal en haar eie onsekerheid.
Sy wil tog eers so graag die kat uit die boom kyk. Eers honderpersent seker maak dat die verhouding iewers heen gaan. Terwyl sy salig onbewus en met sekerheid en met die beste intensies n totale ander dimensie skep. ‘n Bou op n verhouding waar ek (mamma) eers die ondekings werk gaan doen, en as dit veilig lyk, dan die teken gee dat als “ok” is en nou mag die kinders volg.
Wat sy in die gedagtes van daardie kind skep,is dat die nuwe pa nie so betroubaar is, en onvoorwaardelik aanvaar kan word nie, en wanneer sy tot die besef kom wat sy geskep het dan als wil verander.
Dis wanneer sy agterkom dat hulle nou bietjie groter geword het, Hulle nuwe kennis ontvang het, en van waar die sekerheid wat hul huidiglik geniet geen saak maak. Hulle totaal anders voel en wil optree.
Ons moet ook nou nie vergeet dat teen die tyd, die ouer wat weg bly van hulle af, ook als in sy of haar vermoe sal doen om hul liefde aan daardie kind te verseker.
Ek meen die kind het mos nie van die ouer geskei. En daardie kind of kinders se nuwe kennis is dat hul sekuriteit gevestig word op die feit dat as ek dit nie hier kry, ek dit daar sal kry, soos die twee ouers (die geskeide paar) elk op hul eie beurt net aandag aan die kind gee vir die onsettende trauma waardeur die kind moes gaan. (Wow)
En daar ver buite staan “stief pa”, die een wat n huis soek. Die een wat ook gee en seker maak soos enige pa sou wou, dat die kinders snoesig toe gemaak is in die aand, dat daar die heerlikste kossies op die tafel sal wees, en selfs as lekkers gekoop word, elk een sy eie sal kry, wat dalk voorheen nie die geval was.
En so probeer Stief pa ook nuwe mamma beindruk met sy vernuf om te sorg, asook die gee van liefde. In die meeste gevalle het pappa ook baie foute gemaak in die vorige verhouding (ons maak mos maar almal foute) en hier is die perfekte geleendheid om daardie foute te herstel.
Met ander woorde, so tussen die poespas, baklei stief pa ook maar vir sy plekkie in die huis, met die erkening soos aan die meeste pa’s verleen word. Selfs mamma sal vining die kinders leer dat pappa nie uitgesluit is in eenige bespreeking, en pappa sal van als weet. Ons sal vir pappa vra of gaan hoor bietjie wat pappa sê.
Dit was my egter nie beskore en ek moes baie maal vrae antwoord oor hoekom mamma nie kan besluit en hoekom dit nodig is om nou vir my pa te sê, as ek dan nou nie eintlik jou pa is nie. Of ek het n pa dankie!
Die gee van dissipline word baie moeilik. Met mamma se oorbeskerming mag disipliene nie toegepas word, of nie toegepas word op die hoof van die huis se reëls nie. Want mamma is die hoof van die huis. Die kind versoek sommer maklik dat mamma die Ja woord moet gee vir iets wat die kind weet pappa voor gaan nee se, en allerande verkonings moet uitgedink word waarom die kind nie mag raas kry. Jy mag nie skree, al is jy meer frustreed as eenige iemand op die planeet, want pappas doen dit nie, Jy is die groot mens !
Mamma se eie onsekerheid skep n platform waar die kind die speletjie wat hom of haar pas kan speel. Solank jy net seker maak die petrol is in die kar, die brood is op die tafel, en die ligte brand.
Geen waardeering vir dit wat ander nie eers amper kan bekom of geniet.
Die grootste probleem wat ek gehad het met die situasie is nie net dat hierdie platform teen die oorspronklike droom van n nuwe huisgesin indruis, maar meer dat hoe langer hierdie situasie sou voort duur , hoe meer skade aan gerig word. Dit is iets wat jy weet en sien gebeur.
Ek dink ook nie dat mammas nie weet hoe om disipliene toe te pas nie, my moeder kon die skoen of wat ook al sy naby kon kry, maklik gebruik en het presies geweet waar my gat sit as ek stout was . Dit is nie dat sy altyd vir pappa gewag het nie.
Ek kon net nooit verstaan hoe n vuil kombuis, met skotelgoed wat net so gelos word en met die hoop iemand anders gaan dit was, of met vuil voete binne in skoon beddegoed klim, nie deur beide ouers as verkeerd gesien kan word nie!
Die feit dat ek maak of ek vergeet om die vloere te vee, en weet ek gaan wegkom as ek net se “ek het vergeet” . En ek kon daardie verskoning volhou, want dis n baie goeie verskoning.
Die speel op my rekenaar van dat die son op kom , tot laat in die nag, en huiswerk word agter wee gelaat , of by maaitjies gaan kuier in die middel van die week.
Op my cell foon sit en klets wyl ouma en oupa kuier. Niks van die goed is verkeerd nie, Klere wat gister aan getrek is , gaan net wasgoed mandjie toe, en mamma gaan dit was, mamma gaan dit uit sorteer , maar mamma gaan dit nie stryk nie. Moet seblief nie dink dat die kind dit gaan doen nie. Hoe minder ek doen, hoe beter, dis my lese. En niemand dink hoe duur is wasgoed seep. Dit word dood louters net aanvaar dat dit daar sal wees !
En eintlik is jy die stief pa verkeerd want waar is die bediende.
Die spreek woord se : ” Cut your nose to spite your face ” , want ek drae ook klere, ek leef ook in die huis, ek wil ook graag uit n skoon bord eet!. En dan soos enige normale pa (dink ek) , gaan die stem dik word, en luigeid gaan aangespreek word, opdragte gaan gegee word.
Verskoonings word dan geopper, wat geen water drae , en skielik moet jy met n kind debateer , jy moet leeuns uitwys, en vertel hoekom die hele storie nie saak maak. Jy probeer sommer daarmee saam vertel dat leeuns nie iets is wat jou red nie. en dat as jy dink dat dit reg is gaan daar vir jou n swaar pad voorentoe le
En daar bevind jy jou in die warm water, mamma is bang pappa verloor sy cool en slaan die bloedjies dat daar net n bloedkolletjie teen die muur sit. mamma bevestig dan ook sommer die leeuns, of sy nou daar was of nie.
En sonder dat mense weet wat hulle doen, bedoelende mamma en pappa of self stief pa , maak jy kinders groot vir die verderf
Die Groter en Ouer Kinders ( Skool verlaters en ge-troudes)
Waar ons dan te doen het met meer groter kinders , tiener tot net voor skool verlaters, dink dit moet vir die kind dan werklik vreeslik wees om te verstaan of besweer te word om te verstaan, dat als net n klug was, en dat daar werklik onderlike probleme was wat veroorsaak het dat mamma en pappa net nie meer in die selfde bed of rondom die selfde tafel wil sit nie.
Dit is ook so dat selfs die ouers nog tot verhaal moet kom oor die gebeure. Want soos dit is, dink ons (die ouer) mos altyd dat wat ons doen is reg, en hoe kan ek nou iets verkeerd gedoen het. En in hierdie harwar maak ek sommer ook verklarings terwyl waaroor dit dalk regtig gaan eers later tot my sal deur dring!.
Ek vergeet dat hierdie verklarings ‘n impak op die lewens van die jong kinders in ons sorg n groot rol gaan speel.
Ek is van meening dat indien die kind meer kennis sou he, die kind dan ook baie vrae, vra, en die ongeluk van die saak is, dat die kind verskillende weergawes van wat nou eintlik gebeur het ontvang.
Werklikheid word verskans, en die een party dink dis nodig om nie vir die kind die waarheid te vertel , wyl die ander een uit sy of haar woede dink dis net reg dat die volle waarheid van die ander party op die lappe kom, sonder om eers te dink dat die kind dalk nie eers behoorlik verstaan of die vermoe het om te verstaan wat gebeur het nie, en die kind moet nou kies uit die boodskappe wat waar en wat vals is.
Natuurlik het die kind geen idee omtrent wat en wie se kant hy of sy moet kies.
Dis Trauma!
Want daardie keuse is onmoontlik en tog word dit forseer, want as kind gaan jy by een van die ouers bly, en jy gaan kuier by n ander.
Na maate die kind ouer word, kan die impak van bo genoemde bietjie verander en wel omdat die kind dalk die ouderdom bereik het waar hy of sy kan onderskei tussen wat is aanvaarbaar en wat nie, veral waar ouers reg voor die kinders hulle griewe teenoor mekaar lig, en selfs handgemeen geraak het.
Ons weet tog dat ongeag of ek pa of ma is, as die kind dink daardie optrede is nie regverdig sal die kind maklik kant kies , en daardie keuse sal ook traumaties wees omdat hoewel die kind die keuse maak , die diep bloedverwante liefde en begeerte om eintlik nog saam in een huis te wees, en vir beide ouers lief te wees sou tog eerste prioritiet geniet.
Ek weet daar is die wat se dat die impak van die gebeurtenis die trauma bepaal, en as gevolg van jou eie persoonlikheid en die hoeveelheid stress wat jy as mens kan verduur dan uiteindelik die skade wat aangerig is bepaal.
Egter is die keuse van hoe jy dit hanteer jou eie keuse en staan dit afsonderlik van die trauma.
Maar wat maak jy nou as die woorde “ons gaan skei” soos n groot skok kom! Veral in n huisgesin waar die ouers hulle despute in die kamer agter ‘n toe deur uit geklaar het.
Vrae soos waar kom “die” nou vandaan?
Hoekom het julle nie gepraat nie?
Die wanhoop van die kind wat besef dat dit te laat is om iets aan die saak te kan doen. En dan maak dit nie saak hoe oud jy as kind is nie, die woorde van jou ouers ons gaan skei, is soos n mes wat jou hart deur boor.
Dit was my lot jare gelede. Dit was wat ek aan my kinders moes meedeel. Wat dit seker nog moeiliker gemaak het is dat ek moes bieg dat ek iemand anders in hierdie huweliks bootjie gelaai het. Ek moes verduidelik dat ons emosineel reeds jare lank al uit mekaar is! Dat die afstand tussen ons so groot geword het dat dit nie meer moontlik is om oor hierdie kloof te kom nie.
En wannner jy n ouer is, ‘n Pa, wat baie gereeld jou kinders geleer het dat daar nooit op gegee word. Wanneer jy die meester in verduideliking was dat als kan uit gesorteer word, maak nie saak hoe groot!. Dat oor die draad spring net iets is wat jy nie doen nie! Dat vertroue die boustene en die fondasie van eenige verhouding is. Dat jou kinders jou die gevoel gegee het dat al was jy nie die matcho pa met groot sterk arms op gepomp met steroids, teenoor al my maatjies se pa’s toe ek op skool was, jy vir hulle was die pa duidend!
En jy kon sien dat jou woorde ingang geneem het.
Dan kom n groot reus aarde toe!. Dan sien die wereld jou voete van klei. Jou hele opgeboude beeld val in stukke aarde toe!
Jou status van Pa wees is in gedrang. Ouer kinders is geneig om dan maklik te se, “Jy is nie my pa nie.” en hulle is reg, want dis nie die pa wat hulle geleer ken het nie. Dit is nie die pa wat hulle geken het nie. Die selfde gevoel wat mense in verhoudings beleef om afstand tussen jou en die een wat jou seer gemaak het te kry is onwilikeurig en onmidelik van krag!
Wat egter ook nog verder n gegewe is, is dat jou woorde geen krag meer het nie. Die besluit of jy waarheid praat of nie val elke keer in die verkeerde rigting. Die frustrasie van maar ek belowe dis waar is nie iets wat net aanvaar word en baie tyd is nodig om by daardie punt van “ek sal luister ” uit te kom.
Dis ook reg dat daardie afstand gegun moet word, maar ek glo dat daarin ook perke is. Want net soos daar n mes is wat daardie kind se hart deur boor het, is daar met die verlies van jou kind of kinders ook n mes wat die Pa (in my geval) of ma deurboor!
As eenige kind ooit moet dink dat dit lekker is om skielik as ouer eintlik naak voor hulle te staan, ontbloot te wees as iemand wat ook kan val. “Jy was toe nou nie so oulik soos hulle gedink het”. Jy het geword iemand wat kan teleurstel. Jy het onbetroubaar geword en jy is van jou status gestroop om gelyk te kom met die kind, of selfs nog laer te daal. dan vrae ek weer vir die kind om tog na die ander kant te kyk.
Dis natuurlik ook maklik om te se dat jy dit oor jouself gebring het, en dis ook korrek, maar is dit? of neem dit meer as een party om deel te neem aan die verhouding, en wonder ek of die kind of kinders dalk self ook n rol gespeel het of kon gespeel het in die heele aangeleendheid. Die feit van die saak is dat die onherstelbare verhouding stukkend op die vloer le is seker.
Dit is dan wanneer jy wens dat jou kinders nog klein was, dat die een of ander hof gaan se dat jy die reg het om hulle te sien. Maar dit tref jou dat die eenigste hof uitspraak in die hart van die kind moet wees, dat die kind sal besef dat daar was nie net jy as kind nie, daar was ook iemand anders. Daar was die pa of ma wat jou tot op hul einde gaan bly lief he. Die pa wat als wat hy gese het net bedoel van krag was op jou nie,maar geswik het.
Die pa wat besef het dat as jy nie werk aan dit wat jy moet ag baie waardevol te wees en nie iets is wat van selfsprekend is nie gaan dit verlore raak.
En al behou jy as die kind die afstand tussen julle vir altyd , jy maar kan weet dat jy elke dag gemis is, of sal word. Dat jy uit sy of haar gedagtes nooit sal of sou weg raak.
Daardie pa stap nie net by die nuwe stief gesin in ongedeurt. Daar is snye, daar is seer! en al wat hy op kan hoop is dat die nuwe huis juis die plek sal word wat ons huis noem.
Dit nou als goed en wel, maar nou stap jy in ‘n nuwe huis in. Die stief gesin. Jy moet darm nou al teen die tyd weet waar pa’s foute maak, of gemaak het. en ek het al soveel maal gehoor hoe pa’s se ek het n nuwe kaans om nie weer die selfde foute te maak nie. Die nuwe verhouding! Dit wat jy nog altyd wou he, le nou reg voor jou!.
Jy is eintlik so opgewonde dat jy nie eers sien dat daar dalk soos in my geval ook drie ander kinders is uit die voorige huwelik van die vrou wat nou jou lewe vul met al daai dinge wat jou vorige vrou nooit kon by bring. Daardie kinders is ook kinders wat presies beleef het wat ek hierbo beskryf het. Kinders wat oorgelaat word aan hulle ouer se keuse en hulle speel geensins n rol in die besluit van wie nou die nuwe rol van pa gaan oor neem, en hulle het ook daarin geen sê nie.
Dit is ook so dat al die partye in die nuwe stiefgesin nie ewe gereed of voorbereid is vir die verandering nie, al is dit nou ook nie dat jy eers gister by die huis van die nuwe gesin op gedaag het nie, en dit mag wees dat jy al selfs daar kuier vir ‘n hele paar jaar.
Die boeke verduidelik dat as jy weer betrokke sou raak by ‘n stiefgesin, jy dit op ‘n ander manier moet benader, as die van ‘n gewone gesin
Iets wat ek nie regtig mee saam stem.
My geloof is nog altyd dat om die pos van pa te volstaan is om die fondasie te wees waarop die hele gesin kan kom staan, en nie wangkelrig te wees.
Jy moet regverdig wees in die besluite wat jy neem. Liefde gee. Tyd maak vir jou gesin. Disipliene toe pas. Komunikeerder. Lof besing waar nodig, en jou liefde vir jou vrou oopenlik te verklaar en te bewys, en haar altyd bo gemiddelid behandel.
Altyd bo als God deel te maak van jou verhouding of verhoudings met almal in die stief gesin
Stief Pa is n gewone Pa
Ek sien geensins iets wat verskil van die van n gewone pa nie
En dalk vra jy ook jouself af. As baie van die goed wat ek hierbo genoem het dan dinge is wat ek aan fouteer het in my voorige huwelik, en dit als presies sou wou toepas in die nuwe huwelik hoekom is die resultaat dan nie daardie gewenste “eruka” lewe.
Dan wil ek jou mooi waarsku om wakker te word, want jou koffie gaan ys koud word, niks van wat ek hierbo gese het maak jou in n stiefgesin die honderd persent pa nie.
Kyk jy kan nou so regverdig as moontlik wees, die oordeel of jy regverdig is of nie word nie deur jou gedoen, en word nie op die basis van alle toetse aan regverdigheid gemeet nie, maar eerder of my wens vervul is of nie.
Meer soos spring jy as ek se , of spring jy nie , en gewoonlik as jy nie instem, tot watter versoek eenige van die kinders sou wou he, is jy onregverdig, en elke beweeging van watter aard ookal, soos ” jy skree op my ” of “ek gaan nie toelaat dat dat jy so met my praat” sal dan saam met jou onregverdigheid aan die ander ouer verduidelik word.
Dis tog onvoorsiens dat daar n tipe van n russie gaan ontstaan, en die gaan verseker ontstaan wanneer die party wat nie ontvang nie, dan voel daar is n benadeeling, wat nie eers moes bestaan het.
Is dit nie so dat as n ouer se nee, dat dit dan finaal is nie. of vind daar eers n arbitrasie plaas en dit laat my toe om dan omdat ek kwaad is te se net wat ek wil, bewys te lewer dat ek geen respek het ,en as daar n reaksie is , moet daardie reaksie wees soos wat ek dit wil he anders tree jy nie reg op , soveel so dat waaroor die gesprek eintlik gegaan het glad nie meer saak maak, maar eerder hoe jy jou moes gedra gedurende die oorbring van jou besluit of jy instem of nie .
Die gevoel word ook baie duidelik uit gedruk dat jy moet verstaan hulle verstaan nie waar jy die reg kry om ewenwel te kan se of dit reg of verkeerd is want jy is mos nie hulle pa. en jy sal baie maklik dit somer voor gese word sodat jy net jou gedagtes kan verfris!.
Een van die dinge wat gewoonlik skipbreuk ly is dat die ander ouer, uit n gebroke huwelik kom, en dat die beskerming van die kinders so hoog op die prioriteits lys is dat alle disipliene by die venster uit is, en dat dit die kinders op n platform sit waar hulle geensins nodig het om eenige van jou waardes of grense met jou hoef te deel, en die toesteming of beaaming van die ander ouer baie belangrik sou wees as jy iets sou wou deur voer. met ander woorde disipliene sou wou toe pas!
Jy moet liefde gee!
Wat beteken dit ? en hoe gee mens liefde?
My verstaan van liefde gee, is nie lukraak woorde wat net geuiter word sodat dit moet klink asof hierdie familie vrek oor mekaar nie. Ek het juis n kleintjie dood aan mense wat te maklik se dat hulle iemand lief het en dit glad nie dit bedoel en die heel verkeerde motiewe daaromtrent het.
Jy kan nie iemand anders laat beter voel of laat dink jy het die een of die ander lief wyl jy nie regtig dit uit jou hele hart bedoel nie. Die een of ander tyd gaan jy jouself weggee.
Liefde is vir jou om te geniet ! Dit gaan nie oor die een of die ander wat jy dit mee deel nie, Dit gaan oor jou wat dit uiter en wat dit binne in jou siel vir jou doen, die gevoel wat dit by jou moet verwek dat jou lewe vol is, met mense of iemand spesiaal wat jy die wereld voor sal veruil , dis tog hoe dit voel om velief te wees is dit nie ?
Liefde is volgens my nie iets wat net ontstaan in n oogwink, en my eie beskrywing van liefde sal die volgende wees:
Liefde is n klein saadjie wat in die hart van iemand deur God geplant word omdat Hyself liefde is, en dat God van ons verwag om daardie saadjie water te gee, wat daarop neerkom dat ons iets moet doen, en onderandere begin deur vir iemand om te gee, iemand anders te respekteer, maak nie saak hoe die persoon lyk of waar hy of sy vandaan kom, tyd af te staan aan daardie persoon sodat jy sy hartseer en lag kan verstaan.
Dit als sodat daardie saad groei en so groot word dat dit jou hele hart oor neem, en dat jy nie net die gevoel ervaar van die onmoontlikheid om sonder daardie persoon te lewe , maar om te besef dat as daardie boom uitgehaal gaan word of sou dood gaan , dit jou hart so gaan beskadig dat die moontlikheid op n hart wat op hou klop nie uitgesluit is.
Die lewe sal geen sin maak.
Beteken dit dat als dan altyd net mooi sal wees?
Nee as jy die boom mooi wil laat groei sal jy soms van die takke bietjie moet weg snoei. Ons het allermins te doen met twee mense , van verskillende afkoms, met elk hulle eie giere . So takkies wat seer maak , of steek moet afgesny word sodat die boom so dik as moontlik om die hart groei. Baie mense dink dat dit beteken als wat ek nie van hou moet die ander party dan ophou doen, en jy sny daai takkie af , en nou nou sny jy soveel af dat daar van die boom niks meer oorbly en die liefdes boom dan sterwe.
In n stiefgesin is dit een van die basise wat gele moet word, sodat partye in die gesin mekaar kan verstaan en kan groei om vir mekaar bo gemiddeled lief te kan wees!
Waar pas disipliene dan in?
Wel om te begin, moet ek dadelik se dat ek deur my lewe geleer het dat die woord disipliene beteken die metode wat gebruik gaan word om jou kind of kinders dit te leer wat jy self glo reg of verkeerd is, wat by jou ouers geleer het, en dit by jou gedagtes in gegrafeer is toe jy n kind was. Die manier om daardie kennis op die kind af te vorseer wat genoem word die toepassing van disipliene.
En daardie oordeel dat dit is reg of dit is verkeerd, is nie dieselfde by elke ouer of ouers.
Die ouens met die dik brille se : disipliene is die oefening om mense op te lei om reëls of gedragskode te gehoorsaam, en om straf te gebruik om ongehoorsaamheid te verbeter
Dit beteken onmidelik dat dit nie maklik gaan wees om jou van iets anders te oortuig nie, en ongelukig is die selfde ook aan die anderkant van die verhouding.
Wat dan uit die aard van die saak onmidelik die opvoeding van byde ouers intrek by die opvoeding en manier van opvoeding en ook die toepassing van hoe om die opvoeding aan die kind oor te drae in eenige verhouding kan verskil.
Dit is ook nie te ver gevat dat daardie uitklaaring van hoe sien jy dit as n kind die of dat doen word duidelik nie bespreek in die vry fase van die verhouding nie.
Ek hoor so baie , en verskeie rolprente le altyd die klem op dinge soos , ken jy die kleur waarvan jou “partner” hou, of weet jy hoe drink sy haar koffie as jy n man sou wees.
Maar die dinge wat werklik in die verhouding gaan knaag en groot verskille gaan te weeg bring gaan juis daardie goed wees wat ek as kind as gosple geleer het en nou met iemand ander n gemeenskaplike produk deel waarvan die idees van elk in die meeste gevalle van mekaar gaan verskil
Dit dan ook wat dit in eenige verhouding moeilik maak
Al voel jy gefrustreerd of kwaad, die dissipline wat jy toedien, moet ’n blyk van liefdevolle besorgdheid wees oor jou kind se welsyn op die lange duur. Dit sluit raad, teregwysing, opvoeding en, wanneer nodig, tugtiging in
Wat meer is, dissipline is baie meer doeltreffender as ’n vader sy kinders ook gereeld prys. ’n Eertydse spreuk sê: “Soos goue appels in silwersnywerk is ’n woord wat op sy regte tyd gespreek word”
Lof help ’n kind om goeie eienskappe te ontwikkel. Kinders floreer wanneer hulle erkenning ontvang en weet dat hulle waardeer word. ’n Vader wat soek na geleenthede om sy kinders te prys, sal hulle help om selfvertroue op te bou en om die begeerte te ontwikkel om altyd te doen wat reg is.