20 Jaar Voorentoe – Hoofstuk 2

Posted by

Hoodstuk 2

By Die Huis

 

Die son het nou al behoorlik sy gesig kom wys, en dis darm nie meer so koud as vroeër vanoggend nie.

By die huis sit ek die ketel aan, en sê sommer vir myself dat ‘n lekker koppie koffie nou net die ding sal wees om op te maak vir die koue minute wat ek op Riegelboom Brug spandeer het.

Vroulief is vroeg oggend uit dorp toe. Gaan naels gaan doen of so iets, en ek sê nou “of so iets” want ‘n man weet mos nou nie aldag wat die vroue geslag in gedagte het nie, en om nie eers te praat van hoe hulle van plan kan verander, dit hang mos als af van wat hoogste prioritiet op daai oomlik geniet!

Dit is nog altyd so dat sy daarvan hou om saam met een van die meisie kinders ( Dis nou kinders uit haar voorige huwelik, nou al mooi groot) in te ry dorp toe, as met haar eie karretjie.

Nie dat sy nie kan ry nie, maar die ouderdom is ook maar teen die vinnige reaksies en die onthou hoe om daar uit te kom en terug te kom. Dit het niks te doen met haar verstandelike vermoeëns.

Ek is elke dag dankbaar dat die Liewe Here beiede van ons gesond hou, en dat meeste van al ons sintuie nog werk.

Dinge het ook so verander teenoor jare terug toe verkeer net druk was as jy stadig agter ‘n ander motor moes ry, en nou is dit as of daar gevlieg word, en als is elektries.

Hoe dit ookal sy, ek is aleen by die huis.

Wat ‘n snaakse oggend dink ek, en die onbekende jonge dame bly in my gedagtes, en daar speel soveel tonele in my kop af!

Ek vergeet om suiker in my koffie te gooi en moet terug stap kombuis toe want ek het my nou net rustig op my uitskop stoel in gewortel.

Met suiker in die koffie, en lekker koffie kapitaal, roer ek die koppie wyl die stoom as gevolg van die koue in my neus opgaan.

Terwyl ek so terug sit en my koffie roer, dink ek nog onwillekeurig aan die jong dame en vra ek myself die vraag, waarom sal iemand wat die dood in die gesig staar, dit moeilik vind om haar geliefde of lewens maat te vertel.

Ek kon sien dat dit vir haar iets verskriklik is wat op haar wag! en ek kon nie daarmee help!

En dit is asof my gedagtes my weg van haar neem en ek sommer in die algemeen begin dink aan mense wat ek op my pad ontmoet het, wat presies die selfde gedink het.

Hulle wou dit ‘n geheim hou, of vir niemand sê.

Ek onthou ‘n spesifieke vriend van my, hy is ook nou al ‘n paar jaar oorlede, ons het mekaar baie goed geken en was goeie vriende vir baie jare!

Die dag toe hy hoor hy het kanker, het hy nie net besluit om dit stil te hou nie, maar het selfs die behandeling geweier. Sy geloof was dat as hulle eers sny, dan is dit verby!

Ek was gelukig darm ‘n vertroueling wat nie baie goed vertroud was met sy eie familie nie. Dit was net ek en hy wat vriende was

Ek was nou nie ‘n gas by baie braaivleis vure saam met hom en sy familie nie.

Dit seker maar die rede hoekom hy dit darm goed genoeg gevind het om dit met my te deel, en dan my nog die swye op te lê dat ek dit aan niemand mag vertel.

Eers het ek gedink hy maak grapies en wou hom daaroor aanvat deur hom te sê dat ‘n mens nie grappies maak met gesondheid kwessies nie! Hy was erenstig.

Ek het al my dae gehad om hom te oortuig dat dit baie belangrik is om sy vrou en kinders te vertel!

Nou waarom dan dit stil hou ?

Seker een van die redes hoekom somige mense dalk daardie besluit neem, kan te doen het met bitterheid of onvergewinsgesidheid wat dalk in daardie familie teenwoordig kan wees.

Waar daar dalk verskriklike dinge in die familie gebeur het, en familie lede mekaar letterlik wou vermoor, of die keuses uit geoefen het om eerder mekaar vir jare nie te sien nie of te groet of komunikeer nie.

En daardie persoon sal nie graag wil he dat die familie hom of haar moet jammer kry en derhalwe kom reg maak nie.

Is Dit Reg?

Ek het nou al oor die onderwerp bietjie gedink.

Ek glo jy sal met my saam stem dat ons almal maak maar foute, en ons ruk ons op, en se goed, en dan kan ons kwaad bly sommer vir jare. As jy dan kennis neem of van dit hoor dat daardie persoon aan die einde van sy lewe gekom het, dan ontstaan daar die behoefte om te gaan reg maak. Dis ook heel korrek of van pas dat daar dan kan reg gemaak word! Is mos in alle geval beter!

Hoe sê hulle : Liewers laat as nooit !

Ek hoor sommer in my geestes oor hoe baie sê , “regmaak is beter as glad nie regmaak”, of dit nou in die dood snikke is of baie vroeer.

Ek stem heeltemal saam, en die grootste geheim vir eenige een is om so vinnig as wat jy kan of kon, reg te maak. Al is dit nie eers jou skuld.

Ons Grootboek (Die Bybel) leer ons mos dat ons nie eers kwaad mag gaan slaap nie.

Die groot vraag wat ek myself al ook oor die onderwerp gevra het is:

Wat beteken dit dat jy op ‘n sterf bed gaan reg maak? En hoekom dan nou eers wag dat ‘n persoon amper moet dood gaan voordat jy jou sielsbekakking dan nou tot bedaring bring of is dit dat jy eintlik nog altyd graag dinge wou reg hê, maar dat die seer wat hierdie of daardie gebeurtenis veroorsaak het, gemaak het dat jy weg gebly het.

Ek noem dit jou eertse en grootse verskoning!

Sou jy dan besluit dat jy op ‘n sterfbed wil gaan reg maak sal my definiesie daarvan niks anders wees as dat dit net ‘n oprukking van jou emosie was, waarop jy ‘n tronkstraf op gele het van lewenslange gevangenisskap wat dood eenvoudig niks anders veroorsaak het dat jy elke dag daaraan kon dink, elke gebeurtenis kon herhaal in jou gedagtes, en weer van vooraf ongelukig kon voel!. ..en sonder dat jy weet die sel reg langs die veroordeelde in geneem het, in ‘n tronksel sonder tralies.

‘n Balingskap in ‘n land waar daar nie veel seëninge reën nie, waar die groen gras verwelk het en die bome dor staan. Waar die wind, die veld gras orals rond waai.

Dit leeg is en daar geen kleur te bespeur is nie, en in die speel park ry jou emosies met jou wip plank, en net as jy dink jy is bo, dan is jy onder.

Als as gevolg van trots, en jy dit net nie oor jou hart kon kry om oor dit te kom. Jy dit net nie uit ‘n ander hoek kon sien nie. Of jy net nie ‘n helikoper uitsig daarvan kon kry

Om tot die besef te kom dat dit eintlik nie so erg was, of eintlik het dit niks met my te doen gehad, miskien is dit die gevolg van die aksie of dade of gebeurtenis wat my benoud gemaak het, en as gevolg van my fantaseerende opgemaakte gedagtes ek die bobejaan doer ver agter die bos gaan haal het, en dat jy met die terug kyk na jare sien, niks daarvan het ooit materialiseer nie.

Kyk ek verstaan dat jy ongelukig was of is, ons almal was al daar, en as jy voel ek het nie dit of dat wat jy deurgaan beleef nie, dan is jy reg, ek het dalk nie, maar dalk het ek iets anders deur gegaan wat jy nie deur gegaan het nie. Aan die einde van die dag is daar maar vir almal net een reël ” maak reg , en vergewe !

“Of word die besluit “ek lewe jou dood ” skielik weer hersien?

Is dit die som totaal wat die besef laat inskop dat dit eintlik als net wind was, en dat hierdie lewe niks anders is as om met die mense wat deur God bymekaar gevoeg is om saam te leef , die eenderse bloed is en vir mekaar in als lief te bly wees nie.

Daar is mos die gesegte wat sê ek kan my vriende kies, maar nie my familie

By afsterwes sien ons soveel maal hoe kinders en moeders vereening, vaders met sy gesin, seuns met hulle vaders, en watter kombinasie jy wil gebruik.

Versies van gee die blomme terwyl iemand lewe word in verskillende “whatsapp groups” vir mekaar gestuur!

Waarom dan wil reg maak?

Wat was dan die hele bohaa!

Was dit niks anders, as jy wat op ‘n sekere manier tog net erkening wil geniet het van wat die of daai oor dit of dat aan jou gedoen het, en deur jou optrede jou misnoë vertolk , sonder dat jy besef wat jy eintlik doen of enige van die gevolge van so optrede, om nie eers te praat van die onmenslike stappe wat dit gaan ontwikkel om jou by totale vergifnis uit te bring.

As jy dan wil regmaak wyl iemand op die eiende van sy lewe gekom het sê jy volgens my maar net indirek, dat eintlik al die stof wat jy op geskop het was egter eintlik niks

Of gaan dit jou net vir die res van jou lewe beter laat voel!

Gaan jy darm vir die wat jou gaan vra kan antwoord, ek kon met hom of haar regmaak voor hul gesterwe het!

Kyk ek se glad nie dat jy dit nie moet doen nie. Dis ‘n baie mooi gebaar, en volgens ons geloof is dit belangrik om met mekaar reg te maak.

Regtig?

Is dit wat ons geleer is?

Ek dink nie so. Die regmaak deel is waar, maar die tyd word so bietjie aangepas afhangende van hoe ek voel.

Die regte wyse is om nie die son te laat sak voor jy nie reg gemaak het nie, en dit beteken niks anders as op die dag van die gebeurtenis.

Wat beteken dan die vra van vergifnis by daardie punt?

Die punt waar jy nou weet, dis vir die persoon verby en sy asem lê vlak in die bors, en hy of sy gaan enige oomlik hulle asem uitblaas

Vrywaar jy jouself net van spyt? Doen jy God n guns?

Besef jy nie hoeveel het jy nie gemis nie?

My oë swem weer in die trane, want al is ek nie die een wat met die gevreesde siekte genaamd kanker sit nie, is dit nou jare wat ek nie vergewe word, en al het ek vele maal in die jare probeer reg maak , kon ek net dood eenvoudig nie daarin slaag om die mense wat ek lief het sover te kry om my te vergewe!

Vir jare sit ek in daardie tronk waartoe my kinders my heen veroordeel het.

Gaan hulle die dag wat ek op my sterfbed lê kom om reg te maak!

Wat gaan dit beteken?

Ek besef dat ek seer sekerlik baie bly sal wees om hulle weer te sien, en as jy ingedagte hou dat dit tog iets was wat jy elke dag vir jare na verlang het. Dit nou ook gesê as ek in die vermoe is om nog te kan sien, of by my volle positiewe te kan wees om nog te kan verstaan dat dit my kinders is.

Ek glo dat die ou hart seker sy laaste kloppe vir ou laas sal vinniger klop, en dat dit dalk op daardie oomlik die een kolletjie, wat verlange was sal stil maak.

Ek vat ‘n sluk koffie, en moet op staan om ‘n nuwe sakdoek te gaan haal, want die jonge dame het mos myne net in haar sak gesteek.

En ongeag of ek nou net wil sit en dink aan al die dinge van die lewe, as my gedagtes na daardie kinders toe gaan loop die ou trane vrylik.

Ons lewens is tog opgemaak uit oomlike, oomlike wat elke dag op mekaar stapel om ‘n groot prentjie te vorm

Wie mis iets?

Die partye in die geding.  Met ander woorde elkeen wat betrokke is by so ‘n staat van ongelukigheid , of die een nou reg is of verkeerd, en of dit die een se skuld is of die ander , oomlike wat kosbaar is gaan verlore en die belewenis daarvan kan nooit vervang word, of terug verkry word, dis verby en vir altyd verby.

Daar was tye in my lewe wat ek my ook op geruk het, ek ook besluit het ek sien my ouers nooit weer. Ek sou met hulle niks te doen wou hê, en het afstand tussen ons gekry. Hulle het nooit ‘n oproep van my gekry, ‘n baie geluk met jou verjaarsdag!, of ek is lief vir jou! Niks!

Goeie Ouers, wat net die beste vir my wou hê, maar omdat hulle nie dit gedoen het, of dat gesê het soos wat ek dit wou gehad het nie , was hulle net nie meer goed nie

Ek was die man!

Alermins was ek mos nou getroud, my eie huisgesin gehad. hoekom sou ek nou hulle in my lewe wou hê

Twee ou mense!

Maar ‘n gesin het sonder ‘n oupa en ‘n ouma groot geword, en my kinders het net my vrou se vader en moeder geken as oupa en ouma.

Vandag weet ek hoe my ouers moes gevoel het. Vandag weet ek dat die gedagte aan jou kinders dag in en dag uit by jou bly, jou nooit verlaat!

Ek verstaan dan ook hoekom ons die liedjie in die Kerk gesing het “Sy kinders verlaat Hy nooit, Nee Nooit. Sy kinders verlaat Hy nooit, met Hom gaan ek, want dit weet ek, Sy kinders verlaat Hy nooit!

Vandag besef ek dat groot ouers maar niks anders is as oorgelaat in die genade van hulle kinders,  om hulle kinders aan ouma en oupa toe te vertrou en dan seker te maak dat daardie klein kinders besef dat daardie ou mense uit gesien het na die dag wat hulle kinders se kinders hulle armpies om hulle slaan en hulle as groot ouers ken en kon beleef , daardie liefde wat net groot ouers kan gee.

Is dit nie waar dat hierdie groot ouers baie aan hulle eie kinders moes leer, maar met klein kinders net kan geniet !

Jy vra nog wat word gemis?

Ek sou nooit kon dink dat n mens jou kinders so kan mis.

Iemand het eendag gesê dat om sonder jou kinders te wees is soos om hel te hê op aarde. Jy sien wanneer hulle by jou in jou huis is, wanneer jy nog die deur agter hulle moet toesluit, en jy seker gemaak het dat hulle warm gaan slaap, maak hierdie gedagte nie saak!

Tot daardie oggend wat jy opstaan en jou kind het weg geloop of is gesteel, of as hulle groot is, het hulle,  hul dalk vir jou op geruk en besluit jy sien hulle nie weer

Of wanneer soos in my geval waar ek besluit het dat die liefde wat ek kry by die vrou wat ek getrou het, die ma van my kinders, nie eers amper genoeg is om my aan die lewe te hou, en dan ander weivelde gaan soek het, net om op die einde, nie net vaarwel toe te roep aan die een wat nie vir my kan of wou gee wat ek verlang

Maar op die koop toe die sweep ontvang wat so baie mense kry ; Die dreigement wat so baie paartjies mekaar toe snou ; “Jou kinders sal jy nooit weer sien”

Dan sal jy verstaan wat dit beteken om jou kinders te mis!

Daar gaan nie n dag verby na al die jare, wat ek nie verlang na my kinders, en nie ‘n dag wat ek nie wonder wat in hulle lewe aan gaan, mylpale wat hulle bereik, drome wat vir hulle waar word.

Die wens om te kon geniet hoe daardie jong energie van “ek gaan dit of dat” beleef!

Ek mis uit!

Toe ek die aand na byna nege jaar weer by my ouer huis instap, kon ek op die gesig van n moeder die smart lees van wat sy moes verduur in daardie nege jaar.

Jy vra gaan dit oor verwerping, en ek antwoord dadelik nee!

Daardie mens wat jy jou kind noem, is waarvoor jy leef as ouer, al dink die kinders nie so. Jou gedagtes draai net om hulle, wat moet hulle eet, wat moet hulle aantrek, waar na toe moet hulle gaan. Wat maak hulle opgewonde, wat maak hulle hartseer

Na nege jaar vra sy nie of dit nou eintlik jy is wat die skuldige is, of is dit jy is wat die hartseer veroorsaak het.  Sy sê ” vergewe my” als om net weer haar kind terug te kry.

Klein oogies wat stip in jou gesig kyk, groot trane wat van die wange afrol. Die arms wat jou omvou en jou vir minute nie kan los, groot trane wat vloei, geluk wat ‘n ou moeder se hart versterk. ‘n Vader wat sy arms om jou slaan en jy kan voel al daai opgelaaide gevoelentheid verdwyn, en al wat saak maak is dat vrede in harte kom en vergifnis om voorentoe te gaan.

Skielik lyk als anders, waar gister hartseer was, is daar nou blydskap.!

Ek dink dit vergelyk baie met die bybelse gelykenis van die verlore seun, en dis gin wonder dat sy pa gesê het “slag die vet gemaakte kalf “. Jy sien “Boeta” het nie geweet of gesien hoeveel dae hy op die stoep gesit en wag het, gehoop het hy sien hom in die stof pad afkom nie! Hy het nooit in die hart kon kyk, en kon sien daardie hoop dat daar n ou boodskappie sal kom wat sê: Pappa ek kom terug huis toe!

Hy het nie daardie groot gat in die hart van sy vader gesien, want elke kind het sy ou plekkie, en as jy nie daar is, lewend of dood. Daardie plek bly vir altyd joune!

My hart is weer seer, Hoe kon ek dit aan my ouers doen?

Daar het soveel goed met my in daardie nege jaar gebeur.

Waar begin jy vertel?

Ek begin beleef ek het uit gemis. Daar het soveel goed met hulle ook gebeur, soveel belewenise wat ek net nooit sal kan terug kry!

Gelukig kon ons regmaak lank voor my ouers oorlede is, en kon ons die laaste jare nog saam geniet.

Maar dit kon soveel anders wees. Ek kon deel wees van die statestiek van mense wat op n sterfbed kom reg maak.

Daarom wonder ek nie hoekom mense dalk wil stil bly as hulle daardie gevreesde woorde sou hoor ” Jy het nog net n paar maande oor om te leef”

Dit ruk my terug na die vraag wat aan gaan in jou kop as jy hoor jy het kanker of n siekte wat jou in n paar weke of maande kluite toe stuur!

Ek vat n sluk koffie, en wyl ek die oor van die koppie streel besef ek net een ding “Jy gaan Sterf” of jy nou dit wil weet of nie.

Hulle sê daar is net een ding seker, en dit is dat daar n dag gaan kom wat jy jou asem gaan uit blaas. Dis eintlik almal se voorland, maar die inneem van kennis dat jy iets onderlede het wat jou verseker daarna toe neem, maak dit eg of meer waar sal ek se!

Ek dink dit is maklik om terug te sit, en dankbaar te wees dat dit nie jy is, en dit laat jou toe om baie daaroor te sê of te skryf, en ek glo dat dit sou anders wees as dit ek was!

Met al die gedagtes begin ek meer verstaan hoekom daar tog n moontlike besluitloosheid kan wees. Dit sal seker afhang van wat elke een se omstandighede is op die tyd wat die boodskap sou kom!

Ek is natuurlik ook bewus daarvan dat ons ook die ander kant van die munt kry. Dit is nou daardie mense wat dink hulle het die lotto van aandag gewen!

En kan nie genoeg mense vertel dat hulle gediagnoseer is, en die verwagting is dan ook dat jy onmiddelik my anders behandel en my jammer kry, en selfs die glas water voor my op die tafel moet nou vir my aan gegee word, asof daar n lende lam siekte ook onder lede is.

In die meeste gevalle is persone wat gediagnoseer word met die een of ander ongeneeslike siekte nog nie naastenby so geweldig siek nie aan die begin, en mag die behandeling wat hulle nou verlang doer voor baie meer nodig wees as vandag, en dan is daardie mense wat dit wil gee nie meer lus om nog daar te wees!

Party maal wonder ek of dit nie net skok is wat hierdie mense hierdie sort optrede gee nie.

Ek raai almal wat sulke tydings ontvang om dit met jou familie en die mense na aan jou te deel. Dit is belangrik ! Maar spaar die TLC (Tender Loving Care)  vir wanneer jy dit die nodigste gaan hê.

‘n Ander rede hoekom mense nie met ander wil deel dat hulle die een of ander gevreesde siekte onderlede het mag dalk niks anders wees as dat ek nie met die werklikheid wil deel nie.

Ons sê maklik vir mekaar dat ons gaan eendag sterf, maar terwyl ons dit sê, bedoel ons in die volgende hondered jaar, en verseker nie binne die volgende paar maande, of verseker sê ek nie dalk die is my “laaste kersfees”, of “laaste Oktober maand”, of laaste …wat ook al ,, want sien as ek die een of ander gevreesde siekte onder lede het , het dit nou werklikheid geword!

As ek aan die jong dame van vanoggend dink wonder ek of dit in haar gedagtes op gekom het,  dat as ek my man vertel dat ek gediagnoseer is, en ongeag hoe lief hy my het, is die vraag of ek nie dalk vir hom sê, jy kan maar solank jou oë laat dwaal, ek mag dalk volgende jaar nie meer hier wees, en daardie gevoel van ek is nie onverganklik, my nagedagtenis is beperk tot in die mate wat mense forseer is of graag my wil onthou, en hoe verder in die geslagte af, verseker hoe minder belangrik gaan ek wees.

Net die idee, dat drome in skerwe is, en wat gister ‘n mooi vaas op die tafel was, is net skerwe op die vloer, waaroor ek beheer gehad het, het verander, dit is asof jou hele eie ek ammunisie stoor op gegaan het in vlamme.

Ek vat weer n sluk, koffie, en die gedagte bly my by, dis of jy niks aan enige iets kan verander. Ja seker sal jy geakomideer word, maar jou inset kan niks beteken.

Sien ek dink so; veronderstel nou jy wou die huis grys verf, manlief wou ‘n meer lig geel gaan. Dan sal hy instem om met jou grys te gaan, want dis ter wille van jou, en hy weet mos dis nie vir lank, en na jou dood, dan verf ons die huis lig geel! En almal is gelukig. Dis waarvan ek praat

My foon lui, en my gedagtes word weer tot die werklikheid geroep!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.