GEBROKE  WERELD

Posted by

GEBROKE  WERELD

GEDIG – deur Charmaine:

Wanneer ek om my rondkyk en al die dinge sien,
Van mense verlore, mishandel en ook verniel.
Vra ek myself wat die mensdom tog besiel.
Is hulle te blind om God te dien?

Satan en sy magte het algehele beheer,
Oor die dinge waarvan God ons in sy Woord leer.
Ek sien verwoesting, pyn en smart,
Maar elke een bekommerd oor sy eie hart.

Wat kan ek as mens daaraan doen,
Om al die mense met hulle Redder te kan versoen.
Dit breek my hart as ek net daaraan dink,
Wat gaan gebeur met almal wat sink.

Here gee my as U kind die reg op wysheid,
Om hulle te leer van U liefde en getrouheid.
Ek weet U koms kom vinnig  nader,
Te bespeur aan die seisoene wat reeds verander.

God wees ons as bemiddelaars genadig,
Skenk ons U leiding en krag mildadig.
Trane vloei wanneer U afkyk op die aarde,
Maar nog wy mense hulle toe aan die węreld se waardes.

Stort nou U Gees op ons uit,
Gee ons ‘n voorsmaak van U Majesteit.
Maak ons meer en meer  toegewyd,
Want ons is slegs op geleende tyd.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.