Ek met O.V.O gediagnoseer

Posted by

Ek is onlangs met O.V.O. gediagnoseer

Ouderdomgedrewe Vergeetagtige Ongesteldheid.

Dis hoe dit manifesteer:

Ek het besluit om my tuin nat te spuit.
Terwyl ek die spreier neersit, sien ek my kar het ‘n was nodig.
Op pad garage toe sien ek die pos wat vroeer afgelewer is op die stoeptafeltjie le.
Ek besluit om deur die pos te kyk voordat ek die kar was.
Ek sit die karsleutels op die tafel, sit die gemorspos in die boks onder die tafel, en sien dat hy vol is.

Ek los al die rekeninge toe op die tafel sodat ek eers die boks gemorspos kan leegmaak, en besluit ek kan netsowel die rekeninge betaal, dan is dit afgehandel.
Ek vat my tjekboek wat op die tafel le, en sien daar is net een tjek oor.
My nuwe tjekboek is in my studeerkamer, en daar kry ek toe sommer die beker koffie wat ek aan ‘t drinke was.

Die koffie is al koud, dus maak ek vars koffie.

Op pad kombuis toe met die koue koffie tref die potplant my oog en ek sien hy is droog.
Ek sit die koffie op die kombuistafel en ontdek my leesbril wat al heel oggend soek is.
Ek besluit dit sal goed wees as ek eers die bril bere, maar ek moet eers die potplant water gee.
Ek sit die bril terug op die toonbank, vul ‘n houer met water en sien skielik die TV se afstandbeheer wat iemand op die tafel laat le het.

Ek besef as ons vanaand wil TV kyk, gaan ons die ding soek – dis beter as ek hom op sy plek terugsit, maar ek moet eers die plant natgooi.
Ek gooi water in die pot, maar mors die meeste op die vloer.
Ek sit die TV-ding terug op die tafel en vat ‘n handdoek om die vloer droog te maak Toe stap ek in die gang af en probeer onthou wat ek wou doen.

Teen sononder:

Is die kar nog vuil.
Die rekeninge is nie betaal nie.
Daar staan ‘n koppie koue koffie op die kombuistoonbank.
Die potplant kort nog water.
Ek kry nie die afstandbeheer nie.
My bril is weg.
En ek weet nie wat ek met die karsleutels gemaak het nie.

Toe probeer ek uitpluis hoekom ek heeldag niks gedoen het nie en hoekom ek so moeg is.
Ek stap na die rekenaar om hulp te soek, maar besluit om eers te kyk of daar e-pos is.

Doen my ‘n guns: Share hierdie boodskap met almal wat jy ken, want ek kan om die dood nie onthou vir wie ek dit al aangestuur het, en of ek dit al vir enigeen gestuur het nie.

En moenie lag nie want jou beurt kom…đŸ€—

SOMS BEVIND JY JOUSELF IN  DIE MIDDEL VAN NERENS, EN SOMS IN DIE MIDDEL VAN NERENS VIND JY JOUSELF.

 

 

alternative text deur my ingesit

Die ou oom en antie sit op die stoep en drink tee.
Oom se selfoon maak “bleep bleep”, hy haal dit uit sy sak om te kyk wie hom sms. Antie vra, ”Wie is dit?”
Oom antwoord, ”Betty Louw,ek ken nie ‘n Betty Louw nie”, en hy sit sy foon terug in sy sak.
Na ‘n paar minute maak die oom se foon weer “bleep-bleep” en hy sĂȘ, “Ai die Betty Louw is lastig.”
Antie sĂȘ,”Gee jou foon hier laat ek sien.
”Sy kyk die oom se foon so en sĂȘ,”Jou onnosele donner,dis nie Betty Louw nie,dit sĂȘ Battery Low!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.