Probeer Weer

Posted by

Die 17-jarige tiener vertel haar ma al huilende sy is swanger.

Al gillende vereis die ma dat die meisie sê wie die pa is.
Sy bel iemand. Twintig minute later trek ’n Ferrari by die erf in.
’n Ouer man in ’n Armani- pak klim uit.
Hy soengroet die kind, vat haar hand en gaan sit in die voorhuis saam met die ouers.

“Dag Oom, dag Tannie,” sê hy. “
Jul dogter het my van die probleem vertel.
Ek sal tot die punt kom.

Ek kan nie met haar trou nie vanweë my persoonlike situasie, maar ek kan dit regstel.
Ek sal alle uitgawes betaal en vir jul dogter sorg vir die res van haar lewe.
As dit ’n dogter is, kry sy twee ondernemings, ’n dorpshuis, ’n villa by die see en ’n R2 miljoen-bankrekening.

As dit ’n seun is, kry hy ’n paar fabrieke en R4 miljoen in die bank.
Vir ’n tweeling gee ek elkeen ’n fabriek en R2 miljoen.

“Daar is net een probleem: Wat dink julle moet ek doen as daar ’n miskraam is?”

Op dié punt breek die pa die stilte: “Dan probeer julle maar weer, boetie!”

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.