Geliefdes is vriendskap nie die enigste sement wat die wêreld bymekaarhou nie ?
Vriendskap is nie net ‘n vrug vir ons eie gewin nie, nee dit is ook ‘n geleentheid om vir iemand anders iets te beteken.
Kyk wat sê:

15 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie.
Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
So om ‘n vriend/in vir ander te wees is ook om God se wil te doen nê.

Vader so dankbaar is ons dat U ons nie minderag nie, maar ons saam met U die vriende kring betree.
Seën ons dat ons nooit sal toelaat dat U as vriend ons sal verlaat nie.
Amen

Mag u Maandag en week met nog meer vriende gesaai wees.
Geseënde dag
God Seën u

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.