Trotse Afrikaner

Posted by

Trotse Afrikaner

“Aan die suidpunt van Afrika bly daar ’n spesiale klomp mense. Al tel hulle onder minder as 8% van die land se bevolking, is hierdie mense besonder merkwaardig:

Só merkwaardig dat die ANC-meerderheidsregering amper daagliks wette moet skep of wysig om hierdie klein minderheidsgroepie te kriminaliseer, te marginaliseer en te penaliseer;

Só merkwaardig dat hul sonder parlement, polisie, stemkrag en staatshulp elke dag aan ’n toekoms voortbou omdat hul glo dat God hulle hier geplaas het met ’n spesifieke doel en roeping; en

Só merkwaardig dat hul vir bykans vier eeue hier oorleef – geboelie deur die magtige Brittanje, die Groot Depressie, die onregverdige ANC en barbaarse plaasaanvalle.

Die omstandighede waarin hierdie mense leef, is ontwerp om hulle te vernietig, maar hulle word net sterker en sterker, en hul geloof in God net groter.

Hulle eet biltong en beskuit, drink moerkoffie en gaan Sondae kerk toe. Hulle sing “Ou ryperd” en hou vakansie by die see; hulle hou van braai (met mieliepap of patats); hulle help mekaar en hulle help graag ook ander.

Hulle is trotse Afrikaners – en ek is ook een!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.