TUISGEMAAKTE KONDENSMELK

Posted by

TUISGEMAAKTE KONDENSMELK

1 koppie poeiermelk
1/3 koppie warm water
2/3 koppie strooisuiker

Sit in menger en klits baie goed tot suiker opgelos is en kondensmelk dik is

Ek koop glad nie meer kondensmelk vir enige iets nie.

Ek het al die resepte probeer en uitgetoets.

Ek het agtergekom dat die suiker sukkel om op te los en dat die effense suiker van die strooisuiker wat nie oplos nie, glad nie resepte laat flop nie.

Ek gebruik baie warm water om mee te meng en klits proses laat die suiker makliker oplos en sommer afkoel terselfdertyd.

Ek klits dit omtrent vir 5 min op hoë spoed.

Ek het ʼn ou kondensmelk blikkie wat ek gebruik as my kondensmelk ‘maatkoppie’.

Die kondensmelk wat op die stoof gekook word met melk en suiker vat baie lank en is nie vir my so koste effektief nie.

Ek moet by sê, ek het op ʼn stadium baie maklik ʼn blikkie kondensmelk of twee leeg gedrink op een slag.

Die poeiermelk kondensmelk het my ook al verlei en proe skoon nie baie anders nie.

Ek gebruik Spar se poeier melk. Ek het al ʼn ander maak gebruik wat ook nie die duurste was nie maar wel ʼn volroom poeiermelk en dit was net so lekker.

Die kondensmelk moet net weer goed geklits word indien dit later gebruik wil word. Dit maak ʼn dik laag onderin wanneer dit gebere word vir later. Dit raak ook lekker dik wanneer suurlemoensap bygevoeg word vir yskas terte.
Dit werk ook baie goedkoper uit dink ek, as die klaar gekoopte kondensmelk, veral wanneer mens baie bak of dit in beskuit of klein koekies wil gebruik.
(foto geleen vanaf Internet)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.