ASYN WENKE

Soos julle almal weet het asyn baie heilsame uitwerkings:

Maak Hemp Krae Skoon:

– Vryf ‘n pasta van koeksoda en asyn aan vuil hempkrae, laat dit ‘n ruk lank staan en was dan soos normaal.

Maak Ou Skoenpolitoer weer bruikbaar

– Gooi ‘n paar druppels asyn by skoenpolitoer wat hard geword het, dit maak dit weer sag.

Maak Jou Ou Verfkwas Weer Sag

– Verhit ‘n bietjie asyn en week ‘n kwas (waarvan die hare hard geword het) daarin. Was dit na die tyd met skottelgoedseep. Dit sal so goed soos ‘n nuwe kwas wees.

Keer Dat Krumel Vleis Vasbrand

– Gooi ‘n bietjie asyn in jou olie, dit keer dat vleis wat in krummels gerol is vasbrand in die pan.

Vleis Hoef Nie Olierig Te Wees

– Om seker te maak jou vis absorbeer nie te veel olie tydens die braaiproses nie, gooi ‘n bietjie asyn by die olie waarin jy dit braai.

Maak Aangebrande Pot Skoon

– ‘n Mengsel van asyn en Citrosoda maak ‘n aangebrande pot maklik silwerskoon.

**********

– Wanneer jy uie smoor, gooi bietjie asyn en suiker by om dit ‘n heerlike reuk en pragtige ligbruin kleur te gee.

***********

Raak Ontslae Van Miere

– ‘n Mengsel warm water en asyn raak van lastige miere ontslae.

Maak Jou Kettel Silver Skoon

– Maak ‘n aangepakte ketel skoon deur asyn daarin te kook.

Kolle Op Die Mat?

– Verwyder vlekke op jou mat met asyn.

Gebruik Asyn as Sagmaak Middel

– Maak handedoeke (wat hard uit die was kom) weer sag deur ongeveer een eetlepel asyn by die laaste uitspoelwater te gooi.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.