Heerlike Kerrievis

Posted by

INGELEGDE VIS/ KERRIEVIS

Resep om varswater vis in te lê.

2+1/2kg skoongemaakte vis soos bv karp (in stukkies gesny),
4 uie in ringe gesny
3k asyn
1/2k water
3-4t sout
1/2k suiker
2+1/2e kerriepoeier
1e borrie
1/2t rooipeper
en 6 gekneusde suurlemoen/lourier blare

METODE: Strooi die sout en peper oor die opgesnyde vis. Meng die res van die bestanddele in ‘n groot kastrol en laat vir 20-30 minute kook. Sit die vis versigtig in die kokende mengsel en kook dit vir ‘n verdere 20-30 minute tot die vis gaar is. Skep van tyd tot tyd van die sous oor die vis, maar moenie roer nie, anders breek die vis. Verwyder van hitte en skep die vis in gesteriliseerde flesse. Maak seker al die vis is met sous bedek. Gooi tot bo met sous en laat effens afkoel. Verseël En laat vir minstens 1 maand staan vir die grate om sag te word. NB!! Jy kan ook seevis gebruik, dan hoef dit nie so lank te staan nie, want dit het nie so baie grate in nie. Dit hoef net +- 1 week te staan, maar hoe langer dit staan, hoe lekkerder is dit!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.