ROMEINE 4:20 AFR53

Posted by

En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee

Hartlike Vrydag Goeie Môre en die begin van nog ń heerlike naweek daarom die herinnering:

Geliefdes hy of sy wat dink dat hul belangrik is, moet weer dink.
Kom ons herinner onsself daaraan dat selfs ons dade van barmhartigheid dikwels gemotiveer is deur ander begeertes dan ware liefde.
Ons grootste heerlikheid moet altyd gevind word in die dienste aan ons Jesus, op watter pad Hy ons ook al mag stuur.
Wanneer ons opgehef word, gee asb die lof en eer aan Christus Jesus ons verlosser en saligmaker.
As daar gekritiseer word,
vra vir Hom om ons te leer hoe om te verbeter en daardeur te kom.

Vader U die allerhoogste,
help ons asb om onsself te vergeet en slegs U eer en heerlikheid te soek,
en so te probeer leef tot in ewigheid.
Dankie Vader vir hierdie mooi nuwedag uit slegs U Vaderlike krag.
Dankie vir U hand van genesing, krag, liefde en ondersteuning aan ons, die mens wat tydelik in vlees op die aarde sal wees.
Amen

Mag die liefde en Genade van God Vader met u wees op hierdie Vrydag en naweek tot in ewigheid.
Geseënde dag.
God Seën u

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.