God se Plan Vir Jou Lewe

Posted by

Droom Groter

Deur Anita Senekal

Soms stap ons deur die lewe met gedagtes vol twyfel en vrae oor ons toekoms. Ons wonder of ons drome ooit werklikheid kan word, of die uitdagings wat ons in die gesig staar nie te groot is om te oorkom nie. Dit is in hierdie oomblikke van onsekerheid wat ons herinner moet word aan die wonderlike waarheid: God droom groter vir ons lewens as wat ons ooit kan besef.

Die Here het nie net ‘n plan vir jou lewe nie; Hy het ‘n droom wat ver bo jou wildste verbeelding uitstyg. Hy ken die pad wat jy moet loop, selfs wanneer dit deur donker tye lei. Hy is die Meester van transformasie, wat elke verleentheid, elke struikelblok, en elke hartseer kan omskep in ‘n godelike geleentheid.

Vertrou die proses, al verstaan jy dit nie altyd nie. Net soos ‘n saadjie onder die grond moet breek om te groei, so moet ons ook deur moeilike seisoene gaan voordat ons die vrug van ons drome pluk. Hierdie reis is deel van die groter prentjie wat God vir jou geskilder het.

Wanneer ons in oorgawe begin lewe, waar ons erken dat ons drome in Sy hande veilig is, vind ons ‘n rus wat geen wêreldse sukses kan gee nie. Ons besef dat ons nie net vir onsself droom nie, maar dat ons deel is van ‘n groter, goddelike plan.

Dalk voel jy vandag klein, dalk dink jy dat jou drome te groot is, maar onthou: God spesialiseer daarin om jou grootste struikelblokke in Sy grootste oorwinnings te verander. Vertrou Hom met jou hart, met jou drome, en met elke stap wat jy neem. Hy het ‘n wonderlike toekoms vir jou uitgelê.

So, droom groter! Weet dat jy deur jou vertroue op die Here nie net jou eie lewe verander nie, maar ook die lewens van diegene rondom jou. Jou geloof en volharding kan die katalisator wees vir godelike geleenthede wat ander inspireer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.