Deur Anita Senekal
“Riviere vloei nooit agteruit nie, en jy ook nie.”
In die hart van die natuur lê ‘n diep wysheid verskuil, en as ons ons oë oopmaak, kan ons daaruit leer. ‘n Rivier se vloei is eenvoudig: altyd vorentoe, nooit agteruit nie. Dis soos ‘n lewensles wat ons daagliks herinner dat ons nie gebonde is aan die verlede nie. Dink net, sou ‘n rivier agteruitvloei, sou sy die lewe wat sy voed, strem en vernietig. So ook met ons—om te bly vasklou aan dinge wat ons nie meer dien nie, beroof ons van ons potensiaal om te groei en nuut te word.
Hoe dikwels hou ons vas aan ou seer, ou gedagtes, dinge wat ons dink ons definieer? Maar soos ‘n rivier oor klippe en draaie sy pad vind, kan ons ook ons eie pad skep. Elke hindernis, elke uitdaging wat ons oorkom, is soos ‘n klip wat ons vorm, wat ons lei om sterker en wyser te word.
Laat jou drome jou rigting gee; laat hulle jou lei soos ‘n rivier wat nooit huiwer om sy pad te volg nie. Daar is ‘n hele wêreld vol moontlikhede, en jy het die krag om jou eie stroom te kies. Glo in elke stap vorentoe, want dis daardie beweging wat jou nader bring aan die lewe wat jy vir jouself sien.
Laat ons onsself vrymaak van die gewig van die verlede en begin lewe in die volheid van die toekoms. Mag ons, soos ‘n rivier, met wysheid en moed vorentoe beweeg, met die geloof dat elke dag ‘n nuwe kans is om die skoonheid van die lewe voluit te omarm.
Jou eie lewensreis, jou eie rivier. Embrace it.