20 Jaar Voorentoe

Die son het nog nie eers sy eerste strale op die aarde gegooi, en dit is nog net besig om deur die blou lig hier bo my deur te breek of ek is in my ou Toyota motortjie op pad Rigelboombrug toe.

Die strate is nog still, en ‘n dorpie is besig om te ontwaak en reg te maak vir nog ‘n dag wat deur God gemaak is, en so nou en dan is daar ‘n huislig wat aangaan vir die wat nog nie die eerste oggend son breek deur hulle ruite kon sien nie.

Net hier en daar, is daar ‘n wolkie in die lug. Dit is winter, en ‘n koue briesie waai deur die mistigheid in die veld, en ek is seker enige iemand sonder ‘n warm baadjie en lekker dik kouse gaan vanoggend baie koud kry.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.