DEUTERONÓMIUM 8:18 AFR53

Posted by

Maar dink aan die Here jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het, soos dit vandag is.

Geliefdes hoe maklik neem ons aan, more moet maar daar wees, maar werklik is elke môre ‘n geskenk van God, en in elke sonsopkoms ‘n belofte van ‘n nuwe dag, uit Abba Vader sê dierbare krag.
Ja die dag is ons geskenk van ons Liewe Heer, en kom ons maak hom stadig oop, met vol verwagting.
Lewe soos ‘n kind vol blydskap en vertroue.
Koester elke oomblik, versamel herinneringe en plaas dit in u skatkis van die lewe.
Gee liefde aan elkeen wat God op ons pad geplaas het.
Want moontlik is more nie meer daar vir nog ‘n geleentheid, vir lief wees en koester nie.

Baie dankie Vader vir U geskenk aan ons, ja ons wat soms ondankbaar is.
Vergewe ons asb Vader wat so ondankbaar is, maar gee ons asb krag vir begrip en waardering vir elke dag se geskenk van U.
Dankie vir U goedheid en guns en al U liefde uit U wonderlike krag vir nog ‘n dag.
Amen

Geniet ‘n wonderlike Saterdag uit die liewe Vader sê dierbare krag.
Geseënde dag
God Seën u

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.