Elke dag ‘n geskenk van bo

Posted by

Die son kom op in die oos en sak in die wes
So kom elke dag en elke ou probeer net sy bes

En waneer die donker my oorval
Dan sien ek in die hemel die maan wat sy wit lig laat val

Nog n dag deur God gegee
Nog ‘n geleendheid gehad om vir iemand iets van myself te gee

En die stêrre in die hemel maak mens weer glo
Dat daar is genade ontvang van bo

Elke dag is ‘n geskenk so mooi

elke nuwe asem so uniek aan ons gegee
Blydskap is net ‘n glimlag weg
en dis pragtig hoe ons mekaar soms met ‘n oogknik terg

Ja elke dag ‘n geskenk van bo
nog meer wense in die sterre om in te glo
Want oom Koos Du Plessis sê elke dag is ‘n gedagte

en ons elke oomblik is net geleen

Hoe meer en meer ons glo
hoe meer en meer sal God ons seën

Digter: Timothy De Vos Botha

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.