God is liefde

Posted by

En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.     I JOHANNES 4:16 AFR53

Die liefde wat ons optel wanneer ons moeg word langs die pad.
Die hoop vir elke nuwe uur sorg asof God ons wil herinner dat ons nooit alleen is nie, erens is ons in iemand se gedagtes omdat ons baie spesiaal vir God en ons Familie en Vriende is.
Is die liefde van God.

Vader dankie vir U vrede, liefde en genade vir ons.
Liefde is nie wat ons kan kry nie, maar wat ons moet gee, liefde is nie wat ander vir ons gee nie, maar wat ons vir ander kan doen.
Vader asb gee U liefde en ‘n glimlag nie ‘n frons nie, want liefde is ‘n drukkie, nie ‘n klap in die gesig nie,maar is ‘n omgee oomblik nie ‘n misbruik gedagte nie.
Dankie vir U goedheid elke dag.
Amen

Mag God u met ‘n week van liefde voorsien.
Geseënde dag
God Seën u

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.