Die son het nog nie eers sy eerste strale op die aarde gegooi, en dit is nog net besig om deur die blou lig hier bo my deur te breek, en net hier hier en daar, is daar n wolkie in die lug. Dit is winter, en ‘n koue briesie waai deur die mistigheid in die veld, en ek is seker iemand sonder n warm baadjie en lekker dik kouse gaan vanoggend lekker koud kry. Ek het vir my n lekker warm baadjie aangetrek, een wat ek nog op n wildsplaas naby naboomspruit gekoop het jare gelede toe ek nog saam met my familie met vakansie kon gaan.

Die baadjie maak natuurlik vas tot doer onder. My lang broek is van weermag material gemaak en ek het seker gemaak ek trek dik kouse aan. Ek kon laas nag nie slaap nie, deur my kop het soveel goed gemaal en ek het besluit om op Rigelboom brug vroeg vanoggend te kom sit.




Dit is nou een plek wat elke ou op sy emmer lys moet sit om te aanskou, een van die hoogte brue in die suidelike halfrond, met n hoogte van omtrent 988 meter. As jy afkyk dan sien jy die rivier doer onder en dit lyk soos n stroompie wat tussen die twee berge loop. Die hange langs die kant is asem rowend , en plek plek is daar kraanse af, waar die rotse net skerp af gaan, en dit lyk kompleet of iemand dit so gemaak het. Dit is nou een plek wat ek so met tussen poses kom besoek, en is nie ver van waar ek bly. Ongelukig is dit nie loop afstand en ek moes eers sukkel om die ou Toyota aan die gang te kry , want die ou karretjie het vanoggend net soos sy baas gevoel , ‘n gesukkel om aan die gang te kom. Eending weet ek dat as ek eers aan die gang is, dan kan niks my stop,  maar die ouderdom het my ingehaal, en dit neem nou elke dag bietjie langer .Hier waar ek sit, is ek nie aleen, en dit lyk of baie ander nie kon slaap, en of daardie drang om oefeninge te doen die oorhand gekry het oor die slaap, ander stap saam met n vriend of siels genoot hand aan hand oor die brug en dis so met tussen poses dat ek sien dat van hulle gaan staan en afkyk oor die rand van die reeling . Ek wonder wat in elke een se gedagtes aangaan . Menige mense het al van die brug afgespring, juis omdat dit so hoog is, en ek dink dat daar sommer baie gedagtes in jou kop los bars as jy oor die reeling kyk, maar die prag van die natuur met rotse, and plante groei trek onmiddelik jou aandag , want dis asem rowend . Die natuur sal maar altyd pragtig bly. Maar dis winter en die meeste struike teen die hange het geen blomme , tog verkyk ek myself elke keer as ek hier na toe kom , maak nie saak watter seisoen.Dit is n seen dat die stadsraad van Rigelvlei besluit het om hier bankies op te rig sodat mense ( meeste toeriste) hier kan kom sit en net die skoonheid kan in asem. Of mense soos ek wat net lus het om hier die skoonheid te kom aanskou. My oog word getrek deur n jong dame wat in my rigting loop. Sy is seker in haar twintigs en heel slank, en die skouers hang so bietjie. Sy het n leerbaadjie aan, daardie hoë bootse , saam met die kort rompie , die lang swart kouse, lyk dit tog na n ordentlike meisie. Kan ek hier sit vra sy , en so in haar praat gaan sit sy op die ander kant van die bankie. Ek kon nog nie eers antwoord, en dit is nou nie asof ek nou die se het of sy mag sit of nie. Dis maar seker net respekvol dink ek.Sy het sulke bruin–blond lang hare, en van dit het in haar gesig gewaai , wat sy dan weg vee. Ek kan nie mooi uit maak wat die kleur van haar oe is nie, want dit is duidelik dat sy vir n hele entjie van voor sy op die bankie kom sit het aan die huil was. Ek wil nie voorbaarig wees nie, en vrae toe nou nie eers waarom sy huil nie. En al weet ek dat die ouderdom die wysheid bring, en ek seker n bydrae kan maak om haar beter te laat voel, sit ek maar net na haar en kyk. Hoe oud is oom vra sy ? met dit grou sy ook in haar handsak en kom met n tissue te voorskein. Die neus word geblaas en ek wag maar my beurt af voor ek antwoord. Ek is sewe en sestig my kind. Die deur is oop dink ek, ek kan nou met haar n geselsie aan knoop. En hoe oud is jy ? vra ek . dadelik besef ek dat ons mos geleer is dat mens vrae nooit hoe oud n meisie is nie en ek wil nog verskoning maak dat ek gevrae het toe sy antwoord agt en twintig oom , agt-en-twintig en dit voel of my hele lewe n leun was en dan is dit nog ek wat by my eie einde gekom het. Alla nee a my kind, jy is nog jonk en het n lewe voor jou, wat laat jou sulke dinge se.. vrae ek. Ek is gister met kanker gediagnoseer en die dokter se ek het nog net n paar maande oor om te lewe. Ek het so baie drome gehad , ek wou so baie dinge doen. Huil sy, en praat eintlik met n tissue voor die neus terwyl groot trane druppels langs die skerp neusie afloop. Wat se jy nou vir iemand wat sulke tyding ontvang het. Jy wens dat jy kan se, man die dokter weet nie waarvan hy praat, of ag nee wat kanker is nie so erg, vir baie mense is dit al gese. Vir n paar oomlike is ek stil.. maar ek skuif nader en sit my arms om haar. Dit is ok om te huil my kind, en al se ek ek verstaan sal ek seker nooit die volle impak verstaan. Al wat ek weet is dat daar nog tyd is. My oupa is verlede week begrawe, en daar het soveel goed by sy begrafnis gebeur dat ek net wil hardloop of weg loop en net nooit weer op hou loop. Dis als n leun oom ! en nou snik sy en ek kan maar maak of ek verstaan maar wat sy nou gese het weet ek of het ek geen benul van. Al wat ek geleer het deur al die jare is dat wannner jy nie weet wat om te se nie, jy verseker nie goed net uit suig en op babel nie, maar om jou oe toe te maak, en haar maar net vaster te druk is die beste. Sy weet in alle geval jy weet nie waarvan sy praat. Ek haal my sakdoek uit en gee dit in haar hand, dis ok se ek, gebruik dit, en as jy nog wil huil , dis ok, ek is hier en ek gaan nerens tot jy nie beter voel. Sy knik en die trane vloei vrylik, ag ek dink sy wou maar net met iemand iets diep binne deel, sonder dat sy nodig het om baie te se . Daar sit ons tweetjies , nie een van ons ken die nader , maar wie ever sou verby loop sou dink dis oupa en sy klein dogter op die bankie, en beide verlang na ouma.So gaan dit dink ek, mense loop elke dag by die een of ander mens verby en ons maak ons eie gevolgtrelkinge , party maal wonder ons hoe belaglik lyk daai een nie met die pers hare, en as die ou met sy pienk opgtrekte broekie by my sou verby skuif , dan lag ek nou regtig in my mou . Kyk die feit dat ek my eie geloofsoortuigings het, en die feit dat ek deur my opvoeding glo seker goed is reg en ander verkeerd maak nie my steling af of doen dit nie skade aan nie, die waarheid is ons het as gevolg van ons eie veroordeelings en geloofsbesware iets oor almal te se, en ek dink daar word vir ons van kleins af geleer “ dont judge a book by its cover”